Die afgelope “middel-verkiesing” in Amerika het skynbaar geen verrassings opgelewer nie, en die Republikeine se enigste brokkie nuuskierigheid was met hoeveel hulle die senaat kon inpalm.
Dit was toe ’n yslike oorwinning vir die Republikeine en ’n harde hou vir Obama.
Een van die gesaghebbende koerante in die VSA het die sterkste moontlike rede gesoek tydens die wedloop, om te bepaal waarom die Demokrate so baie veld verloor in die stryd.
Die koerant, USA Today, het die bevinding gemaak dat die huidige president van Amerika, Barack Obama, ’n “te klein mannetjie is vir die groot taak om Amerika weer op die spoor van ekonomiese welvaart te kry”.
Die mening van talle Demokrate is gevra deur een van die groot meningsopnames wat gedoen is, en volgens die verslag is die president die skuldige.
Politieke ontleders wys daarop dat Obama effektief uitgeskakel is as regeerder, maar wys daarop dat die klinkende oorwinning vir die Republikeine nie noodwendig gaan bevoordeel in die 2016 verkiesing nie.
Alles gaan afhang van hoe suksesvol die volgende twee jaar verloop in die politieke arena van die Republikeine, het een ontleder gesê.
Obama het nog twee jaar om sy ‘missie’ te voltooi – die vernietiging van die VSA. Hou dop!
Vaalseun;
Ek het volle vertroue in die regte Amerikaners. Deesdaë is Amerika tot oorlopens toe vol van “vreemdelinge”.
En dit is die liberales se skuld met hulle “Open Societies” wat die probleem is. Elke gogga van dwars oor die wêreld het ‘n tuiste in die USA gekry.
In Europa het die mense effe laat wakker geword met die Islam en swart instroming.
Daardie probleem is nog lank nie afgehandel nie. Ek hoop nou dat Wilders ens. se populariteit gaan toeneem. Ukip in Soutland maak ook groot vordering.
Net hier tussen die Afrikaners en Boere is nog nie veel op dreef nie.
Foeitog vlok!!!