Die ontwrigting van volksmoord gevalle

’n Bestuurslid van Projek 2010 het in ’n eksklusiewe onderhoud met Die Vryburger sy mening gegee oor sekere nagevolge vir die naasbestaandes van slagoffers wat moet voortgaan met die lewe nadat ’n geliefde onskuldig van hulle weggeneem is deur terroriste.

Die onderhoud volg nadat mev. Du Plessis, die eggenote van ’n vermoorde wat woonagtig was op ’n plaas in die Villiers distrik, gesê het die lewe gaan aan ,en daar is meer gemoedsrus noudat die moordenaars agter tralies is vir 25 jaar.

Die woordvoerder wys daarop dat ’n aantal aspekte in ag geneem moet word na die hofsake afgehandel en die skuldiges gestraf is,

Dit is ’n mite, sê hy, om te dink die skuldiges is met tronkstraf vir 25 jaar in ’n posisie soortgelyk as wat met die slagoffer of sy naasbestaandes gebeur het.

Ten eerste is die moordenaars dikwels jong werklose terroriste wat waarskynlik teen betaling die moorde pleeg, om dan, soos wat een terroris dit uitgedruk het, vir 25 jaar in ’n hotel gaan bly met drie maaltye elke dag en ’n slaapplek, wat veel beter is as om te werk, of geen blyplek of ete te geniet buite die tronk nie.

Die gesin is ontwrig, dikwels omdat die broodwinner nie meer daar is nie. Behalwe die ontsettende trauma en die hartseer, is daar finansiële implikasies en ander faktore wat ewe skielik die totale ontwrigting uitspel.

Hierteenoor sit ’n moordenaar vir 25 jaar in ’n “hotel met drie maaltye sonder om te werk daarvoor”, terwyl ’n gesin van die slagoffer dikwels moet spartel om kop bo water te hou.

Dit laat die vraag ontstaan of die doodstraf nie die antwoord is om die volksmoord te stop nie, het hy gesê.

“Wat is die ergste, die moontlikheid dat enkele volksgenote die doodstraf kry onder die swaard van die huidige regime, of die honderde volksgenote wat jaar na jaar uitgemoor word om dan, indien hulle gevang sou word, “ in ’n tronk-hotel te gaan sit en nie eers te werk nie” is die vraag wat steeds nie ’n bevredigende antwoord het nie.

“Die onreg is daarin geleë dat hier twee kulture bestaan wat hemelsbreed verskil in siening, Die moordenaar is maar te bly om ’n heenkome te kry deur tronkstraf uit te dien, ongeag die daad wat gepleeg is, terwyl die slagoffer se familie dink die moordenaar kry sy verdiende straf, terwyl dit hoegenaamd nie so is nie”, het hy gesê.

Hy sê die moordenaar kry ’n bed om op te slaap, kry elke dag sy maaltye, kan selfs TV kyk, het die geleentheid om te studeer, kan kommunikeer met ander in die “hotel”, en dit word as straf beskou vir ’n moord wat gepleeg is!” het hy met ’n klank van ontevredenheid in die stem gesê.