DBV erg gekant teen diere resies

Die Diere Beskermingsvereniging (DBV) is erg gekant teen die gebruik in die land om diere-resies byeenkomste te hou.

Met die onlangse voorval in die Wes-Kaap, waar twee perde doodgeskiet moes word, het dit hoofde van die DBV erg ontstel en word ondersoek gedoen na die moontlikheid van nalatigheid.

Die ondersoek is gelas nadat twee perde op die Fairview renbaan ernstige beserings opgedoen het, en hulle van kant gemaak moes word op dieselfde dag as wat die voorval plaasgevind het.

Die een perd, Sapphire Sea, het  ’n pootgewrig gebreek in ’n tweede wedren waarin deelgeneem is, en moes later geskiet word.

’n Tweede perd, Venita, het op dieselfde dag ’n sening in sy regter-voorpootgewrig geskeur wat sy dood te weeg gebring het.

’n Woordvoerder van die Fairview-renbaan sê dit is ’n seldsame gebeurtenis as ’n perd so ’n ernstige besering opdoen op dié renbaan, en moet as ’n uitsonderlike gebeurtenis beskou word.

’n DBV woordvoerder sê die probleem is dat die twee perde se bene was voor enige wedren reeds met verbande verbind, en die diere moes nie aan die wedrenne deelgeneem het nie.

“Die perde word beter behandel as wat baie mense hul eie honde behandel,” was die reaksie van die renbaan se woordvoerder.