Christelike inslag by skole getoets

Die Christelike inslag van openbare skole sal getoets word met die komende hofsaak wat deur die beweerde ateïs of duiwelaanbidder aangevoor word.

Intussen is verneem dat ’n voormalige leerling van Hoërskool Linden in Johannesburg nou oorweeg om van die hofsaak te onttrek weens die aanslag wat sy moet verduur deur Christengelowiges.

Anne Stegmann beweer haar vriende wil nou niks meer met haar te doen hê nie

In die hofstukke sê sy dat sy as skolier “kind van Satan” genoem is.

Hierteenoor is Hans Pietersen, die sogenaamde voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie vasbeslote om voort te gaan met die hofsaak, te midde daarvan dat hy uitgekryt word as broer van Satan.

Hy verloor glo sy sakevennote, maar gaan voort met die hofsaak teen verskeie skole wat geteiken is.

Hy beweer dat sy aansoek in die hooggeregshof nie ’n aanval op die Christendom is nie, maar beskou die saak as ’n geval waar die Christenskap “op kinders af forseer” word.

Hy ondervind dit ook dat sy kinders se skoolmaats nie meer met syne wil assosieer nie.

Sy Organisasie vra die hof om dit ongrondwetlik te verklaar dat een geloof bo ’n ander bevoordeel word in skole.

Hy het die saak teen ses verskillende skole in die land aanhangig gemaak.