Chinese ekonomie plat af

China, wat die VSA die afgelope jaar verbygesteek het as die wêreld se grootste ekonomie, ondervind tans sy laagste groeikoers in 24 jaar.

Die land se groeikoers bly nogtans steeds iets waaroor baie lande in die wêreld maar net van kan droom. Die ekonomiese groeikoers vir Oktober was 7.7% teenoor Augustus se 6.9%.

China bly steeds die wêreld se grootste omgewingsbesoedelaar en het die afgelope week samesprekings met die VSA gehad oor die twee lande se voornemings om hulle besoedeling te verlaag. Die VSA is self ook ‘n omgewingsbesoedelaar van ’n onaanvaarde standaard.