Bye word al minder

Byebevolkings het die afgelope dekades afneem hoofsaaklik weens ‘n verlies aan biodiversiteit en dit het veroorsaak dat die stuifmeelplante waaraan hulle voorkeur verleen, verdwyn.

Navorsers het die stuifmeel geanaliseer wat op die bye se lyfies gekry is. Dit was 57 verskillende wilde byspesies en is voor 1950 versamel om in natuurhistoriese museums in Nederland bewaar te word. Hulle het gevind die insekte verkies sekere plante om stuifmeel in die hande te kry. Namate hulle voorkeurplante afgeneem het, het die mak en wilde bevolkings ook gedaal, aldus navorsing wat in die Amerikaanse “Proceedings of the National Academy of Sciences (PNAS)” gepubliseer is.

‘n Afname van gasheerplante was die hooffaktor wat verbind word met die vermindering van bye, sê die omgewingspesialis en studieleier, Jeroen Scheper, wat aan die Alterra-navorsingsinstituut in Nederland verbonde is.

Die grootte van die bye was ook belangrik aangesien groter bye meer stuifmeel nodig gehad het om te oorleef. Ander minder belangrike faktore sluit die verskeidenheid van die insek se dieet en sensitiwiteit vir klimaatsveranderings in.