Buitelandse mynhuis kry weerstand

’n Kanadese Mynmaatskappy wat vir platinum begin myn het , moes die hulp van die polisie inroep toe inwoners van die gebied begin het om te keer dat die mynbedryf begin.

Die myn, wat naby Potgietersrus in Noord-Transvaal met sy bedryf sou begin in die omgewing van ’n lokasie, is deur sowat 100 swartmense verhinder om met hulle wettige mynbedrywighede voort te gaan,

Die mynbestuur het die polisie se hulp ingeroep wat uiteindelik op onskuldige inwoners met rubberkoeëls geskiet.

Die klompie inwoners het met mekaar gestaan en praat, en was eenkant, weg van diegene wat betoog het, toe die polisie op hulle begin skiet,

Die swartmans het weggehardloop, maar die vroue is raakgeskiet.

Een van die inwoners het glo later gesê die ANC regering laat hulle ondersteuners in die steek en sal nie weer in ’n verkiesing gesteun word nie.

Een van die betogende inwoners sê die owerheid laat toe dat mynregte gegee word om tussen hulle voorwaardes se grafte te werk.

Hulle sê al word hulle geskiet deur die polisie, sal hulle bly protesteer en veg vir hulle regte in die verband.

Langa het gesê die regering laat sy mense in die steek. “Ivanhoe het ’n mynreg op ons tradi­sionele grond gekry. Hulle gaan tussen ons voorvaders se grafte platinum myn. Ons wil Ivanhoe nie hier hê nie. Ons sal hulle beveg tot die laaste druppel bloed.”

Jeremy Michaels, die woordvoerder van Ivanhoe myngroep, sê daar is bewyse dat ene Langa berug is daarvoor om die goeie verhouding tussen Ivanhoe en die plaaslike gemeenskap te versuur.