Borg van R1,000 vir moordklag

Werksku amptenare is daarvoor verantwoordelik dat geregtigheid in duie stort. ‘n Motorfietsryer wat ‘n ander een voor ‘n kuierplek in Bloemfontein doodgeskiet het, is in die Bloemfonteinse landdroshof onvoorwaardelik op R1,000 borg uitgelaat. 

Hoewel die staat die aanvanklike borg van Jaco "Toy-Toy" du Toit (42) teengestaan het, moes hulle toegee aangesien die ondersoekbeampte nie opgedaag of opgespoor kon word nie.

Du Toit is ‘n gewese polisiebeampte van Pellisier. 

Du Toit het Michael Jacobs (34) vroeër die maand op ‘n verkeerseiland in Andries Pretoriusstraat doodgeskiet. Volgens die lykskouingsverslag is Jacobs vyf keer getref en a.g.v. die skietwonde dood. 

Die aanklaer, Matsidiso Matong het aan landdros Lerata Mashee gesê dat die onderoekbeampte, speurder ao. Khaile Matibela was vroeër die oggend by die hof, maar het daarna net verdwyn.

Du Toit moet op 8 Desember weer in die hof verskyn.