Slim plan vir daardie lastige muskiete
Met die warmer Somerweer in aantog, merk ons dat die muskiete alreeds besig is om uit te broei, daar waar die vroeë reëntjie al geval het.
Maar met hierdie maklike, goedkoop handgemaakte, maar praktiese muskiet-lokval,
Items benodig vir jou eie tuisgemaakte muskiet-lokval
1x 2-liter plastiek bottel
1 koppie warm water
¼ koppie bruin-suiker
1 gram gis (blokkie- of korrel-gis)
Voorbereiding
Sny die plastiek bottel in die helfte deur, soos aangedui.
Meng die suiker met die warm water en laat dit afkoel. Plaas die mengsel in die onderste helfte van die bottel sodra dit koel is.
Voeg die gis by, dit is onnodig om met die suikerwater te meng, want die gis stel koolstof-dioksied dampe vry, wat muskiete aanlok.
Plaas die boonste helfte van die bottel met die tuit na onder, in die houer. Plak die twee dele tydelik met isolasieband aanmekaar, met die oog op latere vervanging van die mengsel en uitspoel van die prooi.
Draai die lokval toe in ’n donker, verkieslik swart, ou lap of handdoek, maar laat die boonste ingang oop. (Muskiete word ook aangetrek deur die swart kleur van die lap.)
Plaas die lokval buite die huis, maar weg van waar daar baie beweging is.
Vervang die mengsel elke twee weke vir voortdurende beheer van muskiete.
Hierdie ‘Boer-maak-’n-plan’ lokval
Wat is die mengsel vir vlieë?
Jy vervang die bruin suiker met bruin mensie.
Goeiedag Vaalseun,
Dankie vir ‘n lekker-lag, wat so vroeg in die oggend die res van die dag net helderder kan laat voel!
@ Francois van den Berg: Vaalseun is amper reg. Maar om vlieë te lok, vervang eerder die gis met vleis-saagsels / beenmeel, maar plaas die lokval dan verder van die huis af en omtrent 1 m. bokant die grond, want daardie spulletjie stink sleg na ‘n week, maar na alles is dit waarvan vlieë hou.
Vir miere werk ‘n droë mengsel van bruinsuiker en beenmeel om te lok, maar omdat hulle slim genoeg is om weer by die tuit uit te kom, moet daar maar van tyd tot tyd miergif ook gespuit word.
Boeregroete,
DuP
Dankie vir al julle raad, maar ek sou dink dat donkergroen mense kan werk, maar ek besit nie ‘n saagsel masjien nie.
Hoe sou die geklink het? ‘n Afrikaner-maak-n-plan…?