Bloedklonte, gevaar vir oud en jonk

Mense dink verkeerdelik dat bloedklonte net bejaarde mense raak., maar daar is ’n toenemende tendens dat dit ook jong mense tref.

Onlangs is berig dat drie jong vroue waarvan twee nog op skool was, as gevolg van pulmonêre embolismes, oftewel bloedklonte deur die longe, beswyk het.

Nadine Staats (23), van Bloemfontein,  Magdelize du Preez (17) van Kestell en Michelle van Huyssteen (16) het weens pulmonêre embolismes gesterf.

Volgens dr. Nazell Strampe van die Life-Rosepark-hospitaal se noodgevalle word dit gewoonlik eerste in die voete of bene gevorm. Die dood tree in wanneer die klont te groot word om deur die kleiner bloedvate van die longe te beweeg en dan ‘n klont vorm.

Die gevaartekens is vinnige asemhaling, hoesbuie, pyn in die borskas en bene. Die risiko daarvoor word vergroot deur swangerskap, vetsug, rook, kanker, nierprobleme en kontrasepsiemiddele.