Blanke vrou deur motoris gesleep

Suzanna Leyden (35) van Johannesburg verkeer in ’n kritieke, maar stabiele toestend in die Millpark-hospitaal nadat sy glo deur ’n motoris raakgery, en toe vir meters vêr saamgesleep is sonder om te stop.

Die voorval het by die William Nicol- Sandtonrylaan kruising plaasgevind waar paramedici haar later moes stabiliseer nadat sy ernstige kop- en borsbeserings opgedoen het.

Sy is raakgery nadat sy en ’n ander motoris ’n ligte botsing gehad het, en sy was besig om besonderhede van die ander voertuig en die eienaar te bekom.

Leyden is die ma van ‘n jong dogter, en is onderwyseres by die Sandown High School in Johannesburg.

Die motoris wat haar raakgery het, word gesoek, maar weinig besonderhede is bekend.