Blanke plase nou Chinese plase

Eers het die regering van pres. Robert Mugabe die blankes gedreig dat hulle grond afgevat gaan word, toe volg plaasbesettings, toe word die blanke boere verjaag en verloor hulle die een na die ander alles wat hulle besit.

Die die meeste van daardie plase het in die hande van Mugabe ondersteuners beland, en is vandag onproduktief.

Nou het Robert Mugabe ’n nuwe plan om die dreigende hongersnood in sy land af te weer, hy gee die plase oor aan Chinese om die boerderye te begin…

In die afgelope vier jaar is talle plase aan Chinese toegeken en sal daar waarskynlik nog baie soortgelyke toekennings gemaak word in die toekoms.

Die nuwe plan van Mugabe staan glo bekend as die kontrak-plaas ooreenkomste wat nou van toepassing is.

Na verneem word, het Mugabe opdrag gegee dat die toekenning van grond aan Chinese uiters vertroulik hanteer moet word en nie wêreldkundig gemaak moet word nie.

Die Chinese het egter probleme wat nie vinnig opgelos gaan word nie. Die kwessie van taal is glo ’n remskoen, en die kennis om swart arbeiders te bestuur, is ’n nog groter probleem en die inwoners van die land is gebelgd oor die nuwe “grondeienaars” waarvan hulle niks hou nie.

Kenners sê die grondgryp-program wat nou in Zimbabwe ’n nuwe dimensie het, gaan die instroming van mense na Suid-Afrika, laat toeneem, en wat xenofobiese aanvalle sal laat vererger.

Wat nog meer kommerwekkend is, is die feit dat talle Chinese “boere” niks met die boerdery te doen het nie, maar eerder rondkrap na minerale wat ontgin kan word., aangesien daar “ooreenkomste” bestaan dat mynbou op die plase begin kan word.