Blanke neem waar as SAL-hoof

Nico Bezuidenhout is aangewys as waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nadat Monwabisi Kalawe weens beweerde ongerymdhede geskors is.

Dudu Myeni, die huidige voorsitter van die SAL-direksie, het in ’n verklaring gesê Bezuidenhout neem waar in die afwesigheid van Kalawe.

Bezuidenhout is tans die Uitvoerende Hoof van die Mango-redery, en het voorheen ook as waarnemende Hoof van SAL opgetree voor Kalawe aangestel is.

Intussen het ’n Engelstalige koerant berig dat Myeni ’n versoek van minister Lynne Brown geïgnoreer het om Kalawe se skorsing terug te trek.

Gerugte doen die rondte dat Myeni ’n intieme verhouding het met pres. Zuma, maar sy ontken dat dit bots met haar openbare verpligtinge.

Foto – Nico Bezuidenhout