’n Opvolg beraad word gehou tussen organe van die Burgerlike Samelewing met ‘n Afrikaner Kultuurstempel, op Saterdag 8 November 2014.
Die beraad vind plaas in die TLU SA-Ouditorium.
Die verrigtinge het ten doel om aansluitende samewerking tussen Afrikaner organisasies en instellinge van die burgerlike samelewing te bewerkstellig.
Een van die sprekers sal genl. Constand Viljoen wees wat sal praat oor Afrikaner-selfbeskikking binne die konteks van die politieke onderhandelde skikking van 1993/94.
Dit is die derde beraad wat deur die inisieerders aangebied word.
Na wat verneem word, is die media redelik wyd uitgenooi om die geleentheid by te woon en daaroor verslag te doen.
Foto – Genl. Viljoen
Viljoen = fransman = Jafet se nageslag. daar staan GeSkrywe vir n BloedVolk: JY MAG GEEN UITLANDER OOR JOU AANSTEL, WAT JOU BROER NIE IS NIE. 7DE GEBOD: JY MAG NIE EGBREEK PLEEG NIE. In Jesus NAAM. Boetie Johannes…+
Viljoen sien ek in dieselfde lig as de Klerk, agent wat die NWO se sake dien. Hy moet maar liewer elders gaan.
Lees:- VERLOOP VAN GEBEURE WAT GELEI HET TOT DIE “ACCORD ON AFRIKANER SELF DETERMINATION” NET VOOR DIE 27 APRIL 1994 VERKIESING deur gen. C L Viljoen.
Waar Viljoen betrokke is wil ek nie aan raak nie. Wie is hierdie organe van Burgerlike samewerking wat met Viljoen wil saam werk? Werp Viljoen uit die samelewing.
Waar Viljoen betrokke is wil ek nie aan raak nie. Wie is hierdie organe van Burgerlike samewerking wat met Viljoen wil saam werk? Werp Viljoen uit die samelewing.
Casper
Henkst,
Dit was `n edel gedagte die ooreenkoms met die barbare om `n selfregerende afrikaner volkstaat teweeg te bring. Daar het dadels van gekom. Die ooreenkoms was bereik en toe is al die mag op `n skinkbord oorhandig aan die anc.
Kan daar werklik nog boere mense wees wat die man wat na sy beeste toe geloop wil luister….ongelooflik
Viljoen …jy het ons verraai …nou wat gaan jy diekeer doen …ons uitlewer….
Ja die blerrie gatholte!
Verw.: “’n Opvolg beraad word gehou tussen organe van die Burgerlike Samelewing met ‘n Afrikaner Kultuurstempel,” ??
Goeiedag Boere,
Kan hierdie ouens nie maar net reguit praat nie?
Is daar enige van daardie “organe” wat nie ‘n Broederbond stempel iewers onder hul jasse wegsteek nie?
Boeregroete,
DuP
Ek het geen belangstelling in die generaal se praatjies nie en sal die een ‘n mis gee, dankie!
As hierdie die 3de beraad is moet ons aanvaar die ander het nie gewerk nie………….
Jy is ook nie ‘n van Sem se geslag nie. Alle Brits Israel Bewegings wil so graag Juda wees. Die Engelse sê hulle is Juda, die Amerikaners wil Juda wees, die Kanadese wil ook Juda wees en laastens wil sommige Boere ook Juda wees. Ek het nog nooit iemand van die Israel Beweging gehoor wat graag Gad wil wees nie. Wat het van arme Gad en al die ander geword?
Die Volk kom op ‘n manier reg Dup. Hierdie ouens maak seker dat hulle weer in die trop opgeneem word.
En dan begin alles weer van vooraf aan.
C L Viljoen was vir twintig jaar stil. Nou begin hy geluide maak. Waarom?
En die VF+ is ook gans en al te stil.
Diepe waters, diepe grond…….????
Burgerlikke samewerking???
Wie en watter “Burgers”??
Ek weet van Krans Burgers en Ham Burgers ens.
Sodra “Ou” politikusse ‘n terugkeer maak, dan gaan daar vir my rooi liggies aan.
Mad Max het ook ‘n soort ommekeer gemaak. En dar gaan nou gereeld bekeerdes op die voorgrond tree, want die Nuwe Suid Afrika is onomkeerbaar in sy peetjie in.
Om ‘Face” te behou gaan die liberales, net soos in Amerika nou pas gebeur het, met groot trompet geskal hierdie ineenstorting op elke denkbare manier probeer kaap.
En daar gaan weer “Regses” wees wat hulle planne “Hook Sinker and Line” gaan sluk.
Volksgenote, ek voel net soos al u kommentare hierbo. Die problem is as ons nie van taktiek verander en groter alliansies vorm soos die destydse AVF en Vryheidsalliansie wat impak en respek kan afdwing nie, bly ons in hopelose straat. Die Volksraad kan nie tans met ‘n buitekring/alliansie dreig nie. Niemand vertrou niemand nie. Volksmandaat vir samewerking tussen alle groepe moet beperk wees tot ‘Ons werk saam vir Volkselfbeskking soos haalbaar van gebied tot gebied sodat ons mense verbeterde veiligheid en oorlewing kan smaak.’ Toenemende outonomie tot die verkryging van ‘n Republikeinse Vry Staat is die volhoubare strategie soos Volkseenheid groei.
Ek sou bitter graag Paul Kruger se intelligente kommentaar oor die verwikkeling wou hoor.
DuP en andere, natuurlik moet ons pasop vir die invloed van die AB en VF+ maar ons kan mos aandring op verteenwoordiging op so ‘n liggaam en dat slegs consensus besluite uitgevoer mag word?
Ons geheue is baie kort, dit is dieselfde Constant Viljoen wat ons weke voor die verkiesing van 94 bedrieg het. Ons almal maak reg vir oorlog terwyl die veraaier al reeds met die vyand onderhandel het. In 94 het ons nog grootliks beheer oor die polisie en weermag gehad, maar danksy die veraaier het ons nie eers meer handwapens om ons self te verdedig nie. Moet in hemels naam nie weer agter die veraaier aanloop nie. Ons mag met reg hom as n vyand van die Boere Volk sien en behandel. Generaal De Wet het nooit weer met sy broer Piet die veraaier gepraat nie en kom ons doen dieselfde en verwerp die veraaier vir wie hy is.
Stem 100% saam
Kan iemand my sê wie is hierdie “organe van die Burgerlike Samelewing”?
Viljoen gaan praat oor “Afrikanerselfbeskikking binne die konteks van die 1993/94 politiek onderhandelde skikking”. Watter Afrikanerselfbeskiking? Inderdaad watter onderhandelde skikking hoegenaamd? Het hulle onderhandel om dit te bereik wat ons nou het? Is hierdie nou net ‘n geleentheid vir Viljoen om sy eie aandeel in die vernietiging van Afrikanerselfbeskikking te regverdig?
Vriende, ek stem – nooit weer Viljoen nie! Maar onthou dat Viljoen gestuur was om ons te stop so bang het hul geword vir die AVF en VA. ‘n Zumatjie sal nie so ‘n herlewing kan keer nie. Sit vandag die fone af, more die krag, oormore geen ingang by parlement, ens tot hul toegee.
Media 24:‘Verslaan ANC nét met die ekonomie’
Die rol wat die Viljoen-broers in die demokratiese oorgangsjare gespeel het, moenie buite rekening gelaat word nie. ’n Boek oor hul verlede en rol het pas verskyn.
In die dae net voor die totstandkoming van die nuwe Suid-Afrika was daar oorlog in die lug.
’n Regse mag van sowat 50 000 man wat geen toekoms vir hulself en hul geliefdes gesien het nie, was gereed om op te ruk in wat ’n bloedige botsing tussen onder andere Afrikaner en Afrikaner kon afgegee het.
Dit is vandag nie vergesog om te sê dié bloedbad is in ’n groot mate deur die Viljoen-tweeling voorkom nie – Constand, die generaal, en Abraham, die teoloog en filosoof.
Genl. Viljoen was deel van die regse groepering, leier van die destydse Vryheidsfront; en Abraham ’n Dakar-ganger, “bloubloed-liberaal” en kandidaat vir die PFP (Progressiewe Federale Party).
Tog het hierdie totaal botsende denke nooit heeltemal die band tussen die tweeling gebreek nie.
Vandag, op 81, praat hulle soos kleintyd saam: “Ons het nou net ellende (in die land).”
Genl. Viljoen: “Ons het nuwe samesprekings nodig vir die toekoms. Ons moet ’n nuwe ding aan die gang kry, iets soos die Kempton Park-samesprekings. En praat oor die knellende goed soos werkskepping, kosvoorsiening, ontwikkeling, opvoeding, skole en sulke dinge.”
Abraham Viljoen (“noem my sommer Braam”): “Ek weet nie of ons sommer weer ’n Kempton Park sal kry nie, maar ons gaan verder en verder terugval en wegsink.
“Ek dink daar is in die ANC-geledere en in die geledere van swart mense reeds genoeg tekens van mense wat voel dinge loop skeef.
“Ons gaan waarskynlik groter en groter steun van hulle kant kry en ek hoop ons gaan genoeg grasie van die wit kant af kry.
“ ’n Gevoel van nasionalisme tussen net een bepaalde groep mense is ’n onding.”
Genl. Viljoen: “En ideologie.”
Braam gaan voort: “As ons opnuut kan begin om te praat oor die ekonomie, oor grondbesit, soos nou gebeur, dan het ons hoop.
“Daar is veels te veel van ons in en te min oor die geskiedenis van hoe die Afrikaner se politieke denke ontwikkel het deur oorlog en die stryd van Boere, Engelse, bittereinders en rebelle,” stem hulle saam oor die boek Brothers in War and Peace.
“Ek kan vir jou sê: ‘We haven’t got the choice’, ons móét dit maak. En ’n Afrikaner-tuisland is nie ’n opsie nie.”
Genl. Viljoen: “Laat ons eerlik wees, ek sê altyd hierdie storie: Die Russe, die USSR, is nooit militêr verslaan nie, hulle is ekonomies verslaan. Die ANC gaan jy nie met stemme verslaan nie, jy gaan hulle met die ekonomie verslaan.
“Die ekonomie gaan hulle op hul knieë bring en dit gaan die begin wees van ’n nuwe verandering in Suid-Afrika.”
Ons sit om die eetkamertafel van die generaal se kinders in Pretoria. Hyself boer steeds in die distrik Ohrigstad en Braam boer buite Pretoria.
Daar’s geen sprake van ’n gesellige praatjie op die rusbank oor hul persoonlike verhouding nie. Die manne is hier om oor ernstige dinge te praat.
Daar is ook nie iets soos naby mekaar staan vir ’n foto nie . . . die tweeling het al van kleintyd ’n hekel aan dié soort ding.
Hulle het altyd weggehardloop as daar kuiermense op die plaas aangekom het, want dan moes hulle eers regstaan sodat die ooms en tannies kon kyk of hulle weet wie is wie.
Die twee gee mekaar kans om te praat, praat nie oormekaar nie en val mekaar nie in die rede nie. Hulle is hier op Beeld se versoek vir ’n gesamentlike onderhoud na aanleiding van ’n boek wat pas verskyn het, Brothers in War and Peace deur Dennis Cruywagen, en dit is dit.
Die twee is nie erg beïndruk deur die boek nie. “Daar is veels te veel van ons in en te min oor die geskiedenis van hoe die Afrikaner se politieke denke ontwikkel het deur oorlog en die stryd van Boere, Engelse, bittereinders en rebelle,” stem hulle saam.
“Die idee was dat daar baie meer studie en voorbeelde van ander Afrikaner-gesinne sou ingaan. Dit is gek om dit te doen met net een tweeling as voorbeeld van hoekom die Afrikaner polities so hardegat en halsstarrig ontwikkel het.”
(Ek verskil en kon nie die boek neersit nie en het dit byna in een nag tot in die vroeë oggendure deurgelees.)
Die boek vertel hoe genl. Viljoen in 1993 net ná “die grootste vernedering van my lewe” (die inval in Bophuthatswana waar die AWB op hul eie ingestorm het direk téén sy bevel en begin skiet het op onskuldige mense) besluit het dat hoewel hy ’n militêre opsie gereed het, die pad na die nuwe Suid-Afrika vir die regse Afrikaner net deur onderhandeling kan kom.
Genl. Viljoen: “Ek het altyd die storie gehad dat as jy ’n lam is en jy wil argumenteer met ’n wolf, doen jy dit met ’n pistool in die hand. Ons militêre strategie was die pistool in my hand.
“Maar ek dink nie die destydse weermag sou ooit na my kant oorgeloop het nie (soos gevrees is).”
In die boek staan dat genl. Georg Meiring, destyds hoof van die weermag, reguit vir die regses gesê het as daar moeilikheid kom, “sal ons julle doodskiet of in die tronk gooi”.
Dit het hulle laat skrik. Meiring het nie doekies omgedraai nie en gesê Afrikaners sal Afrikaners doodskiet.
Dit het beelde van die destydse Rebellie opgeroep wat vir regses te erg was.
Genl. Viljoen wou direk met die “vyand” onderhandel, beslis nie deur “mnr. De Klerk” nie en die Konserwatiewe Party (KP) het in daardie stadium al aan die onderhandelinge onttrek. (“Ek wil nie my naam in een sin saam met mnr. De Klerk hê nie,” sê genl. Viljoen.)
Baie mense het probeer om die ANC en die regses bymekaar te kry, maar genl. Viljoen het net een man met ANC-bande vertrou, sy tweelingbroer.
Deur heelwat kontakte te gebruik, het Braam toe een aand in ’n klein kantoortjie op die destydse Jan Smuts-lughawe gesit waar Nelson Mandela ’n geheime oomblik aan hom sou afstaan.
Op gradedag van die Universiteit van Pretoria – Constand in sy militêre uniform (links) en Abraham.Foto: Uit die boek Brothers in war and peace deur Dennis Cruywagen
Het hulle Mandela vertrou?
Braam: “Ek het hom net daai een keer ontmoet en het hom dadelik vertrou.”
Genl. Viljoen: “Ek het mos al gesê mnr. Mandela was ’n uitsonderlike mens met ’n besonderse gevoel vir versoening; met ’n geweldige waardering vir die Afrikaner en die rol wat die Afrikaner wou speel.
“Hy wou verskriklik graag die Afrikaner aan boord gehad het met die hele verandering in ’94. Dit is so.
“Die probleem wat ons nou ervaar, is dat mnr. Mandela se sienings binne die ANC maar net só diep was” – en hy hou sy duim en wysvinger ’n sentimeter van mekaar.Maar Braam en Mandela het onderhandelings net daar in die kantoortjie beklink en daarna is sowat 20 hoogs geheime vergaderings tussen ’n groep regses en ’n groep van die ANC gehou onder die leiding van genl. Viljoen, met sy broer langs hom, en (nou oudpres.) Thabo Mbeki, met (nou pres.) Jacob Zuma langs hom. Op die laaste vergadering het Mbeki gesê: “As selfbeskikking is wat julle wil hê, dan moet ons dit oorweeg.”
Genl. Viljoen: “Ná ses maande het die ANC die beginsel van selfbeskikking aanvaar en dat hulle dit moet akkommodeer. Ek dink hulle was verskriklik bang dat die regse Afrikaners die ding sou kelder, maar nie net dit nie.
“Mnr. Mandela het ’n groot respek vir óns gehad. Ek kan nie sê of dit net stories of speletjies was nie, maar hy het gesê hy dink die konserwatiewe Afrikaner speel ’n uitsluitlik belangrike rol in Suid-Afrika.”
Die bakkie met biltong wat Ristie Viljoen, die generaal se vrou, vir ons gekoop het by die slaghuis daar naby, staan nog vollerig op die tafel.
Ons is klaar. Die generaal het klaar gepraat.
Braam is netnou al weg na ’n ander afspraak.
Sy laaste woorde was: “Die toekoms lê nog voor vir werklike onderhandelinge. Die hele kwessie oor selfbeskikking en oor mekaar vind.
“Ons het mekaar nog nie gevind in hierdie land nie en dáái ding lê nog in die toekoms.
“Dáái ding, moet ons weet, lê nog voor . . .”
Die tweeling as seuntjies wat weggehardloop het vir kuiermense omdat hulle nie daarvan gehou het dat die ooms en tannies probeer kyk wie is wie nie. Foto: Uit die boek Brothers in war and peace deur Dennis Cruywagen
Geen beraad van enige vertakking van die Afrikaner sal die Afrikaner/Boervolk weer polities bymekaar bring alvorens ons deur ‘n smeltkroes gegaan het nie. Die verdeeldheid, die verraad, die vernedering en skande is te groot om nou weer ‘n eenheid te vorm. Ons hardloop almal rond soos ‘n klomp idiote, op soek na ‘n oplossing. Die absolute onkunde en hardnekkigheid van die volk om sy ware indentiteit, die grondige bewyse en feite rondom sy biologiese oorsprong vanuit die stamme van Israel te herken en te probeer verstaan is die grootste enkele obstruksie tot eenheid. Hierdie een enkele WAARHEID wat deur soveel sogenaamde slim teoloë in ons eie geledere as ‘n “visie” of ‘n “dwaling” bestempel word, word deur die “onheilige een” met ‘n gejuig verwelkom. Voordat hierdie Afrikaner/Boervolk homself nie kan vereenselwig as Israeliete, genoem, die “dogter van Sion” of “die dogter van My verstrooides” (‘n belangrike deel van die eintyd oorblyfsel) van Israel nie, sal daar geen begrip wees vir Ons Vader YAHWEH se plan, seëninge en beloftes van ‘n ewige lewe vir Sy “Israelkinders” nie. Die gebrekkige kennis van ons eie mense oor die belangrikste saak word deur absolute blindheid, geestelik sowel as fisies, van die tafel afgevee, om plek te maak vir die samesyn van die ongelowiges met wie daar so graag in dieselfde juk getrek wil word.
Diegene wat belangstel in my skrywe Die Waarheid maak seer kan my gerus kontak by epos : [email protected]
Cronje = skot = KELT. vals-evangelie van ‘british israelism’. die SMELTOOND, wat oom Siener van Getuig het, is n Gelykenis aan Die Woord van God. Die Woord IS, Die SLEUTEL tot Die Woord en NIE van EIE interpretasie nie. In Jesus NAAM.
oom Klasie, het ook Getuig van ons Vader se Hemelse Tabernakel, n Gelykenis aan Die Woord van God, wat die dommi-nee van die ng-kerker-tronk op my gegil het, dat Dit vals is en nie meer nie… In Jesus NAAM.
Die Volk, gaan die SMELTOOND in, soos silver-geloof om geSuiwer te word, en kom eers UIT, wanneer ons Vader Sy Aangesig daarin kan Sien, van UIT Die Hemelse Tabernakel. Vergader in Ootmoediging. In Jesus NAAM.
Al hierdie verdoemenis van helse oonde en smeltkroese is soos engel-musiek in die ore.
Die jeuglike ervaring van Christenskap kry maar swaar n bestaansreg in jou voortdurende geteem en galbraak van vuur en bloed.
Jou Christenskap klink meer na n kruis eerder as verlossing.
Inteendeel……dit moet hel op aarde wees met so n gefolterde siel.
Nel ou pel – die Heertjie se jy mag maar bietjie lag……selfs dan en wan n wyntjie drink en vrolik wees.
boere Groete
Ruiter Wynkop.
Nie so seker van die vreeslike BLOEDBAD nie. Daar het destyds redelike betroubare geluide van ‘n BLOEDLOSE staatsgreep die rondte gedoen.
Die Volk is nou al 20 jaar in die SMELTOOND deur vals geloof = mense regte. Esau se Seen oor sy nageslag IS, om oorlog te voer met die swaard en Jakob se Seen, Die Woord van God. In Jesus NAAM.
Rigter, haal die byl van vrees van jou skouers af want hoe meer jy God vrees hoe minder het jy Hom lief. Ek kom agter die vrees lê diep in jou hart en gelukkig aanbid ek en baie wat verlos is nie ‘n tiran van ‘n god waar daar eenkant vêr op ‘n stoel sit, met ‘n lang baard en ‘n helse sweep in die hand wat nie kan wag om jou half dood te slaan omdat dit hom bevredig nie. Dis dan mos ‘n bloeddorstige eiegemaakte god.
Laat toe dat die God van Liefde, Hom aan jou te laat voorstel.
nog n katoliek, wat sy knie knak voor die pous, volgens Profesie, wat Die Vrees vir God ons Vader, vervang met, die liefde vir die anti-chris, sonder GEHOORSAAMHEID aan ons Vader DEUR Christus Jesus, Sy Seun. In Jesus NAAM.
@Gas,
Al wat ek kan sê is dat papier baie geduldig is. Aangesien ek dr. A.P. Treurnicht geken het en genl. Constand Viljoen ontmoet en later ‘n onderhoud met hom gevoer het, kan ek die volgende onomwonde stel:
Dr. Treurnicht het die generaals wat so skielik uit die bloute hulle hulp en kennis aan die KP kon aanbied het, nooit vertrou nie. Daarom was hulle ondergeskik aan die leierskorps van die Vryheidsfront gewees met die doel dat hulle strategië vir die stryd ontwikkel – wat hulle nooit gedoen het nie.
Na dr. Treurnicht se skielike dood, is hulle skielik die praters en die ‘leiers.” Dr. Treurnicht het met reg nie die generaals vertrou nie, aangesien hulle trou sweer aan die “regering van die land” en nie aan die land self of ‘n politieke party nie.
Buitendien blaf hulle bevele uit aan onderdaniges en verstaan nie die kuns van debatvoering nie, waarvan die generaal se parlementêre loopbaan ‘n goeie voorbeeld is.
Dat hy nie opgewasse vir die taak is nie, was duidelik met sy eerste openbare toespraak. Diegene wat daar was onthou nog hoe daar gesing is: “Come the hour, come the man,” en hoe die wat enduit gebly het, geweet het dat die uur het gekom, maar hierdie is nie die man nie.
Viljoen was in sy lewe nog nooit polities konserwatief gewees nie. Voor die 1987-verkiesing het Clive Derby-Lewis hom op sy plaas gesien en probeer oorreed om vir die KP te stem.Sy antwoord aan Clive was: “Verlaat my plaas of ek sit die honde op jou.”
In die 1989-verkiesing het hy by NP-tent gewerk.
Maar twee jaar later is hy die groot regse leier. Van die begin af was daar bedenkinge. Om van pienk na konserwatief te swaai – veral in daardie jare wat die pers alle konserwatiewes beswadder het – het jare se studie en insig gekos. So ‘n drastiese politieke swaai is nie soos ‘n bekering wat in ‘n Damaskusoomblik geskiet nie. Jy moes jou feite op die punte van vingers gehad het en fyn en goed kon redeneer.
En dan gedurig die geheime vergaderings en ontmoetings en biltongvretery. Kan linkses niks openlik en in die son doen nie? (metafories gesproke.)
Natuurlik het hy sy ware kleure geopenbaar die beroemde dag by die Pretoriase Skougronde? Is al hierdie dinge in die boek? En terloops, het dit al uitgekom van wie het die oproep na die AWB gekom wat tot die inval in Bophuthatswana gelei het? Sover vasgestel kon word was dit nie ‘n formele opdrag van die AWB-leierskorps gewees nie.
Tydens ‘n onderhoud wat ek met hom gehad het oor die beplande volkstaat het ek gevra of daar Instromingsbeheer sal wees. Sy antwoord was nee, want dit is diskriminasie. Toe ek sê maar wat se voorsorgmaatreëls gaan hulle tref dat ons nie binne 20 jaar uit die volkstaat geteel word nie, het hy kortaf die onderhoud beëindig.
Hierdie boek, wat ek nie beplan om te lees nie, dien net as ‘n verskoning om sy verraderlike optrede te verskoon. Hy moet sy bydra tot die vernietiging van hierdie land en volk kan sien en hy weet dat hy bloed aan sy hande het vir sy aandadigheid aan alles wat tans in die land gebeur. Indien hy ‘n gewete het, hoop ek dat hy slapelose nagte het, maar daaraan twyfel ek.
Pienkes het ‘n venynige haat teenoor hulle eie en altyd ‘n bewondering vir hulle volksvyande. Die doel van die boek en sy kastige “regse” kaskenades waarmee hy nou besig is, (ironies nogal vir dieselfde Clive wat hy soos ‘n hond van sy plaas weggejaag het) is waarskynlik net dat hulle alweer die konserwatiewes begin vrees.
Verw.: “Dat hy nie opgewasse vir die taak is nie, was duidelik met sy eerste openbare toespraak. Diegene wat daar was onthou nog hoe daar gesing is: “Come the hour, come the man,” en hoe die wat enduit gebly het, geweet het dat die uur het gekom, maar hierdie is nie die man nie.”
Goeiedag Flerrie,
Min lesers sou na ons vorige uitval kon glo dat hier weer iets groots kon wees waaroor ons twee kan saamstem. Oor hierdie een stem ek wel volmondig met jou saam.
Ek was op 16 Desember 2003 op Bloedrivier, en ek het met groot verwagting uitgesien na Viljoen se toespraak en gehoop dat hy die volk daar rondom die herdenking van die Gelofte sou kon begeester vir die verset teen die April 2004 oorname. Nog voor die einde van sy sg. ‘Feesrede’ het ek ook besef, “hierdie is nie die man nie.”
Van daar af het die BKA, AVF en alle moontlikhede van verset net verder begin uitrafel.
Boeregroete,
DuP
Dankie vir die insiggewende skrywe Flerrie.
Gas en Flerrie dankie vir jul goeie bydraes. Ek het die twee here ook geken. Genl Viljoen was die opper-spioen in Volksgeledere punt. Tydens ‘n AVF hoofraad vergadering het Eugene vir my verklaar toe ons ‘n draaitjie loop, die generaal plaas struikelblokke hy is nie deel van die oplossing nie. Toe antwoord ek maar, ek hoop regtig jy is verkeerd. Eugene was reg. Nee wat los die ou leiers. Terloops ou rigter hou jou tog asb by die onderwerp ou heilige.
@ Flerrie
…..” Buitendien blaf hulle [ Genl’s ] bevele uit aan onderdaniges en verstaan nie die kuns van debatvoering nie…..”
******************************************************************
Insiggewende draad Flerrie. Verstaan jy die kuns van debatvoering – verstaan jy ook die kuns om nooit n diskussie met n ‘ uitval ‘ te verwar nie.
Is in besit van dokumentasie ter aanduiding in welke hoedanigheid ( sien ook oogmerkopset ) – sommiges hul teenswoordigheid op 16 Des 2003 aldaar laat geld het.
Edel was dit beslis nie.
MDM.
Jip !! daar in die skilpadsaal het ek hom so gesit en luister. Die manne was begeesterd met Viljoen.
By die toegangs hek, daar op die skou terrein, het ‘n ou vrou gesit en aanhoudend almal gewaarsku dat Viljoen ‘n verraaier is.
Niemand het hulle aan haar gesteur nie.
Wat vir ‘n ding is ‘n “Tabernakel” Rigter??
Kmndt Dik Faans.
Neem n slag Dale Carnegie se “How to make friends” ter harte. ( in jou geval – and keep them ) – en groet haar as ‘geliefde boerin ‘
Flerrie mag skalks ogies knip.
Ruiter. Romanse skrywer.
Ek dink jy mis die punt hier Arnold.
Sekere ‘monteerders’ in die ou Weermag was maar skepties om na na diegene met n werklike rangstruktuur te luister.
Die dolke was reeds uit hul skede.
n Verbittering wat kort-kort by die onderrok kop-uit-steek.
Ruiter weet Alles.
Kan net se AMEN daarop Willy en Ruiter Wynkop. RIGTER het vergeet om te leef. God is n God van Liefde. Stem saam ons moet almal Godvresend wees, maar NIE ‘n allesoorheersende vrees he vir God nie. Soos dinge nou voorkom is RIGTER te bang om sy neus te snuit omrede hy dink die sonde.
Verw.: “Is in besit van dokumentasie ter aanduiding in welke hoedanigheid ( sien ook oogmerkopset ) – sommiges hul teenswoordigheid op 16 Des 2003 aldaar laat geld het.”
@MDM/RvdF,
Wil jy nie asb. maar net staak waarmee jy besig is nie.
Diegene wat begrip en insig het waaroor ek praat, sien ‘n geruime tyd ook reeds dat jy met Satan meeding oor wie die meeste skade aan die Boerevolk kan aanrig, en hy gee nie om, om hierdie een te verloor nie.
Jou haatdraende leuens beïndruk slegs diegene waarvan die skille nog nie van hul oë afgeval het nie.
DuP
@RvdF
“Verstaan jy die kuns van debatvoering – verstaan jy ook die kuns om nooit n diskussie met n ‘ uitval ‘ te verwar nie.”
Ek hoop so. In die jare na die runderpes toe ek nog op skool was, het ek nogal ‘n boekprys gewen vir die beste debatteerder in stds 9&10. Ek was toe in std 9 gewees.
Ja, ek het nie dokumentasie nie, maar kan vir jou ook vertel wat ek in die stilte van my eensame hoekie waaruit ek altyd die lewe beskou, by ‘n paar Majubafeeste so ‘n paar jaar gelede aanskou het. Soos jy sê: Nie edel nie.
Afrikanergroete,
Flerrie.
@Gas,
Dankie vir hierdie inligting oor Eugene en die generaals.
‘n Vorige skrywer so ‘n paar maande gelede het tereg opgemerk dat die konserwatiewes 2X verraai is: Eers saam met die res van die blanke volke deur FW de Klerk en toe deur die generaal en die Mulders. Ons moet versigtig wees vir hierdie mense wat weer na vore wil kom. Soos FW sy vernietigingswer in die land voortsit, so sal hulle dieselfde in konserwatiewe geledere doen.
Jammer, 2de woord id laaste sin is natuurlik “vernietigingswerk.”
Josef se broers, het hom VERKOOP Deur POLITIEK, as slaaf en Israel het in die SMELTOOND van Egipte ingegaan vir 4 geslagte. Vrees God! en Bekeer JULLE Volk van God! UIT die 20 JAAR SMELTOOND van vals geloof = mense regte = demokrasie en VERBASTERING! DIE VOLK HET 38 DAE OM TE VERGADER IN OOTMOEDIGING IN LICHTENBURG. In Jesus NAAM, LIG VAN GOD.
Openbaring 48
Met valse gewete gees is julle mislei.
13 Julie 2007 06:00
Judith de Beer
Slim en listig het satan as ʼn engel van die lig in julle kerke en leerstellings ingesluip en met ʼn valse gewete gees, het hy julle mislei. Met minagting het Esau sy geboortereg vir ʼn pot lensiesop verruil, Om saam met die grotes van die aarde, soos ʼn ou brakkie te kan draf, het julle die bloedgekoopte nalatenskap van julle vadere, verniet weggegee.
Julle kosbare genetiese erfenis word deur verbastering uitgewis. Ja, julle het alles voor die voete van die pionne van die wêreldorde gaan neerlê. Soos ʼn kruipende hond wat op sy maag vir oorskiet nader seil, so is die walglike kruipery voor julle selfaangestelde oorheersers. Die bloed van julle kinders sal op julle eie hoofde neerkom. Bid daarom vir een in julle midde, wat ondanks julle smaad getrou aan My gebly het en met sy eie “handslag” teen hierdie gruwel geskryf het. Nie net vir homself nie, maar ook vir sommige, sal hy die bloed aan julle deurkosyne wees, om die engel van die dood in julle midde te kan stuit.
Net soos van ouds, sal ek die bouers en hulle medewerkers van die goue kalf voor My aangesig uitwis, sodat my heilige kronieke, weer suiwer kan word.
Goeiedag Vaalseun,
Baie dankie aan JdB.
Boeregroete,
DuP
Verw.: ” Die verdeeldheid, die verraad, die vernedering en skande is te groot om nou weer ‘n eenheid te vorm. ”
Goeiedag Johan Cronje,
Baie dankie vir hierdie kommentaar van jou, ek stem volmondig met jou saam.
Die groot tragiek hiervan, is egter dat bg. skande gepleeg word binne in die één instansie wat die Afrikaner al vir 360 jaar, as sy anker in die lewe probeer voorhou het, nl. die kerk. Al het die meeste kerke in Suid-Afrika hul beleid voorgehou as ‘protestants’, teenoor die Rooms Katolieke kerk, het die misleiding van die RK waarvan ons Eurpese voorouers juis weggevlug het, steeds ongemerk in ons kerke beslag gekry.
Dit is opmerklik hoe die NGK, onder aanvoering van die Afrikaner Broederbond, totaal sy oë en ore sluit vir die Ou Testament en deesdae selfs die Belhar anti-apartheidsdokument as ‘n beleidstuk vir sy lidmate voorhou. Profete-boeke soos Sefánja word doelbewus geïgnoreer omdat hulle “Die Waarheid wat seer maak” wil verberg. As jy dit sou durf waag om die heilige Name van ons Vader en Messias te gebruik, word jy uitgeskel as ‘n sektariese ketter, en soos jy ook hieronder kan sien, stuur die “onheilige een” sy gesante om sy vernietigingswerk net verder uit te dra.
Maar sterkte vir die stryd wat voorlê, ek sal graag van jou aanbod gebruik wil maak en jou kontak.
Boeregroete,
DuP
So van Judith de Beer, profetes van liefde en kosbare genetiese erfenis gepraat, die volgende –
My oorlede ouma, wat pas voor die Tweede Vryheidsoorlog getroud is, het my kleintyd meermale vertel dat hulle in die aanloop tot die 1910 Uniewording besef het daar bloedvermenging tussen Boerebloed en Afrikanerbloed kon plaasvind. Die vrouens het onder mekaar die boodskap versprei dat baba’s wat uit ‘n huwelik tussen ‘n suiwer Boereman en Boeremeisie gebore
word, sowat ‘n maand na geboorte gemerk moes word sodat daardie persoon altyd as van suiwer Boerebloed ge-identifiseer sou kon word.
Die merk was 3 kolletjies, omtrent so groot soos vuurhoutjiekoppe wat net bokant die baba se linker enkel aangebring moes word en wat uit die kleure van die Vierkleur bestaan het. Die Vrystaatse vrouens was ook tevrede daarmee. Vanaf die agterkant van die been was die volgorde groen, rooi dan ‘n spasie wat die wit v/d vierkleur voorstel en dan blou. Die kolletjies is in ‘n reguit lyn aangebring met kleurstof wat van plante verkry is.
Die boodskap is wyd versprei, tot in die Kaap en Suidwes en ek dink amper sy het Duits Oos-Afrika ook genoem. Nagmaalgeleenthede, bruilowwe, begrafnisse, sametrekke en briefwisseling is gebruik sodat omtrent geen Boerevrou, en natuurlik meeste van die mans, nie daarvan geweet het nie.
Toe die eerste van die gemerkte baba’s se kinders ongeveer 1928 gebore is, moes die nuwe aankomelinge natuurlik ook gemerk word. Wat was die verbasing groot toe daar op die pasgebore baba’s se linker enkels na sowat 2 weke vanself groen, rooi en blou kolletjies begin uitslaan, mooi netjies in ‘n ry kompleet met ‘n spasie tussen die rooi en blou kolletjies om die wit van die Vierkleur voor te stel.
Net so na die tweede wêreldoorlog het die baba’s van die volgende geslag hulle opwagting begin maak en gedoriewaar, 2 weke na geboorte het die 3 gekleurde kolletjies vanself bo die baba’s se linker enkels verskyn.
Die volgende geslag baba’s van suiwer Boerebloed is middel 60’s van die vorige eeu gebore en my ouma kon nog in haar laaste jare die voorreg smaak om te sien hoe die 3 kleure van die Vierkleur, nog vanself, so 2 weke na geboorte, op hulle enkels uitslaan.
Wat blykbaar gebeur het is dat die oorspronklike plantaardige kleurstof wat gebruik is, bepaalde eienskappe gehad het wat gemaak het dat dit deur die baba’s se bloed en gene opgeneem is en van geslag tot geslag outomaties oorgedra word.
Dit is dus baie maklik om te bepaal of iemand ‘n Boer met suiwer Boerebloed is. Kyk net vir die 3 gekleurde kolletjies bokant sy linker enkel.
Ek het nog nooit ‘n persoon ontmoet met daardie kolletjies nie.
Het die “Boerevolk” uitgesterf?
Is daar enigiemand op hierdie Forum wat daardie “Waarmerk” dra?
Een van ‘n vark se pote het blykbaar sewe swart kolletjies wat die plek aandui waar die Duiwels uitgevaar het.
Alle varke het daardie ‘Geboorte merk.’ verstaan ek.
Goeiedag Arnold,
Ek is darem seker dat die Boerevolk nie uitgesterf het nie.
Ek moet seker maar iewers ‘n “vark” of ‘n verraaier in my voorgeslagte hê, want ek het gou my hele lyf deurgekyk en baie swart kolletjies gekry. Wat ‘n skande!
Boeregroete,
DuP
Jy seker dis nie ‘n vertelling uit Arabiese Nagte en 1 001 ander verhale nie? Die manne gaan jou laat beesvel ry vir hierdie een!
My ouma was ‘n waardige, geen-nonsens Oud-Testamentiese-inslag Boerevrou wat die Engelse offisiere op Pretoriastasie met ‘n perronbesem stormgeloop het omdat die Boere krygsgevangenes so hardhandig behandel is. Ek glo nie sy het van “Arabiese Nagte en 1 001 ander verhale” geweet nie en ek twyfel of sy vir ons kluitjies sou vertel het oor so ‘n ernstige saak.
Een van die redes waarom sy dit meermale vir my vertel het is omdat ek my ouers nie wou glo oor die 3 gekleurde kolletjies; groen, rooi en blou wat bokant my linker enkel sigbaar is nie. Die kolletjies se kleure het met die jare verdof so miskien was een van my ouers ‘n Afrikaner en seker daarom dat ek myself ‘n Boere-Afrikaner noem.
Dag DuP;
Dan is jy seker ook van die demone onslaë . Hulle laat blykbaar net ‘n letsel met hulle uitog.
En dan het hulle ook die neiging om by die pote hulle ” Tjap” te laat. Dit is waar jy jou aandag moet gee.
Jy het mos gelees dat die blou en groen by die enkels sy merk maak.
Toemaar ! ek weet jy spot sommer net. Ek hou daarvan. Hehe.
Dag Vaandrig.
Ek is te bang om ondersoek in te stel. Dalk is my kleurskema in ‘n ander orde, en dan het ek nog dinge wat my in die nag wakker hou.
Ek hou ook maar vir veiligheids halwe my “Paspoort” op die Boere/Afrikaner stempel.
@Gas,
Ek wonder oor die beesvel. Indien jy al ‘n ruk die kommentaarseksie van DV lees sal jy merk dat daar nie net baie aksent op profete en voorspellings geplaas word nie, maar dat ons dan ook met ellelange aanhalings van die profeet trakteer word.
Daar word vreemde gelowe verkondig, vreemde sienings oor volkwees uitgespreek en dit word deur sekeres soos liefdesdoepa ingeneem.
Wat my betref kan die meeste van wat Vaandrig skryf, altyd ernstig opgeneem word.
Laat dit DUIDELIK wees, sodat daar GEEN misverstand is: God ons Vader word NIE VERSOEK met vals-waarheid en DREIGEMENTE van GEEN mens nie. Die Volk het 37 dae oor, om te BEKEER in OOTMOEDIGING. In Jesus NAAM.
37 Daë!
En dan??
@Rigter
Laat dit duidelik wees dat ek nie verstaan wat jy bedoel en op wie nie.
Waar het iemand hierbo die Vader versoek met vals waarheid en dreigemente en wat het dit te doen met die onderhawige berig en die kommentare wat hierbo gelewer is. Miskien moet jy probeer duideliker wees met wat jy bedoel sodat ons gewone mense waarde daaruit kan kry.
Ons weet almal dat ons maar ‘n sondige spul is maar ons weet ook dat ons ‘n Redder en Middelaar het in ons Heer en Heiland, Christus Jesus. So, ontspan, daar’s goeie nuus, baie goeie nuus. Konsentreer op die Redding en nie op die probleem nie, sou ek sê. Die lewe is ‘n lied, jy moet net die regte wysie ken. Seën en Vrede vir jou en soos my ouma, van wie ek hierbo geskryf het, altyd vir ons gesê het, “dit is my hartewens vir jou”!
Ek het ook ‘n ouma gehad wat haar man tydens die Tweede Vryheidsoorlog teen die Engelse offisiere gestaan het maar dit was toe hulle plaas afgebrand is.
Snaaks, sy het ons nooit van die merkery op die kindertjies se enkels vertel nie.
Sy het ons wel baie verhale wat mooi lewenslesse bevat het, vertel
Boothe-Botha = Ingelsman = KELT. In Jesus NAAM.
Johann;
Hier het ons nou met die werklikke “Doemprofeet” te make.
Doomsday Prepper op sy beste.
Ons gaan nog net vir 36 daë met hom opgeskeep sit.
Verw.: “Dan is jy seker ook van die demone onslaë . Hulle laat blykbaar net ‘n letsel met hulle uitog.”
Goeiedag Arnold,
Wat ‘n skande? Nee, wat ‘n vreugde!
Boeregroete,
DuP
Verw.: “by ‘n paar Majubafeeste so ‘n paar jaar gelede aanskou het. Soos jy sê: Nie edel nie.”
Goeiedag Flerrie,
Vertel my meer!
Boeregroete,
DuP
@Rigter
Wat my Botha bloedlyn betref het jy dit verkeerd (is dit vir die eerste keer?)
Probeer BOTH (Wangenheim-Duitsland-VOIC-Kaapkolonie) wat later in die vroeë Kaapse tyd Botha geskryf is. Die a agtervoegsel is toenterjare gebruik om “seun van” aan te toon.
Ek het ‘n sterk vermoede dat die Boothe/Booth ‘s van Ingeland waarvan jy praat ook oorspronklik van Duitsland gekom het.
@Johann Botha,
Dis goed om weer ‘n bydrae van jou te sien. Jy was lank stil gewees. En natuurlik is dit nie die eerste keer dat Rigter die pot mis sit nie. Maar dit gaan mos maar so met dom mense. Hulle dink altyd dat die bietjie kennis wat hulle het die somtotaal van alle wysheid in die wêreld is en moet dit tydig en ontydig (veral ontydig) uitblaker. Ek wonder net hoekom het hulle juis DV uitgesoek asof dit hulle spesiale en unieke forum is. Wonder of iemand of ‘n groep hulle opgesteek het om dit te kaap?
Openbaring 30
Deur leuens is die leë illusie koning.
25 Junie om 16:30
Judith de Beer
Die mens, ja die kroon van My skepping, het die vermoë om vir homself te kan dink en te besluit oor dit wat die waarheid is, bykans heeltemal verloor. Daar is baie wat nou manmoedig sal opspring, sy Bybel of een of ander riglyn sal gryp en baie verontwaardig en met ’n bewende vinger sy “waarheid” vir jou sal uitstip, om maar net weereens daardeur te bewys dat hy géén vermoë besit om enige waarheid, oorspronklik vanuit homself, na vore te kan bring nie. So gebreinspoel is die mens dat hy nie eers agterkom dat hy ’n dooie kneg van ’n dooie letter, van ’n wêreldwet geword het nie. Daarom sal slegs die een wat die Lewende Waarheid in homself dra, die vermoë hê om die waarheid uit elke leuen te kan haal.
Van die leuen sal daar niks oorbly nie, omdat die leuen op sigself niks is nie. Waar die een wat die leuen in homself huisves, weer nooit die vermoë sal besit om die leuen uit die Lewende Waarheid te voorskyn te kan bring nie, omdat dit onmoontlik vir die suiwer waarheid is, om die leuen in homself te kan huisves.
Ek sluit hiermee af deur te sê, dat slegs die wat My Lewende Waarheid binne hulleself dra, die vermoë sal besit om die waarheid hierin te kan herken.
Straathoek prediker Flerrie.
Christus het sy rug gedraai op mense wat nie sy boodskap wou hoor nie.
Hierdie vent is mos slimmer. Hy klou soos [email protected] aan ‘n wolkombers.
Kry julle ook die idee dat Rigter, Vaalseun en Rens dieselfde persoon is. Is daar iets soos forumschizofrenie? Aldrie het dieselfde frenetiese skryfstyl, em ken van spoeg en plak.
Flerrie PI.
Verw.: “So gebreinspoel is die mens dat hy nie eers agterkom dat hy ’n dooie kneg van ’n dooie letter, van ’n wêreldwet geword het nie.”
Goeiedag Vaalseun,
Soos gewoonlik, baie dankie vir hierdie bemoedigende ligstraaltjies wat jy telkens toepaslik hier plaas.
Miskien leef ek ook maar iewers in my eie afgesonderde hoekie, maar die plasings van Judith de Beer se geskrifte wat jy tot nou toe hier geplaas het, was my eerste kennismaking daarmee. Ten spyte van ‘n klein bietjie negatiewe kritiek wat iemand anders geskryf het, is elke paragraaf van haar wat ek hier gelees het, besielend en inspirerend.
Ek sal graag ook ‘n bietjie agtergrond-inligting oor haar wil lees.
Baie dankie hiervoor.
Boeregroete,
DuP
Is dit nou mense wat in konflik met hulle eie gedagtes saam leef Flerrie?
Iets soos wat buik sprekers doen.
DuP du Plessis
Skipper Skollie (10%), sy Vaandrig en hul Flerrie merk ek is nou doodstil.
Groete
Ns. Moet nie die afgetrede bouer draadsitter/saamprater/joiner vergeet nie …
Groete
Jy en Skipper Skollie, sy Vaandrig sal dit nie vir ‘n sekond op die beesvel hou nie.
Groete
Kry julle ook al die idee … Arnold de Beer/Arnold/Arnieanne … Die draadsitter, die meeloper, die meeprater … dan is hy met DuP du Plessis dan teen… dan is hy lid van VF+, dan van Front Nasionaal, dan vir hemel rotse soos, dan vir Skollie Skippers endiesskuim …
Hy skerm hoog en laag hoe hy nie ja gestem het nie …
En jy skerm dat dit vrek op al my uitnodigings aan jou. Jy beantwoord nie een enkele vraag wat aan jou gestel word nie.
Jy is niks beter as jou held FW de Klerk nie. En jy kruip ook êrens in die buiteland weg.
En dan het jy nog minder my “Guts” waar ek onder my eie naam skryf.
RvdF het jou goed gelooi nê. Het jy nou herstel nadat jy bietjie wonde gelek het??
GEEN koning, regering of kerk, het mag oor n Volk, wat Deur GELOOF UIT TREK en Vergader voor God, in OOTMOEDIGING nie. Die Volk, KAN DAN NIE MEER GEBIND WORD, DEUR DAARDIE LAND SE WETTE, AS DIT VERWERP WORD, AS n VOLK NIE. In Jesus NAAM.
Ou Ylkuifie
Terugskouend blyk dit dat Fiona Nell. 4 Kleur Wapper Weer! nogal reg kan wees oor julle tweetjies …
Groete
Nou ja toe nê !!!
En dan het jy nogal ‘n jaloerse streep ook.
En het jy opgelet hoeveel ander maatjies ek ook al bymekaargemaak het??
Lyk nie of jou “Boerskap” veel aftrek kry nie.
Daar is fout met jou “Key Board”
Die ding verskree al wat mens is.
Hi almal,ja dit sal nog baie slegter met ons as volk gaan.want ons het tot dusver nog niks geleer omtrent geestelike liefde en waarheid nie.ons wil en denke is nog geanker in die letter van die woord en materiele denke,en tog dra ons twee genelyne geestelik en natuurlik,en die woord in jes.leer ons. Dat hulle in wie se hart Sy Wet is Sy volk.so is ons dan n geestelike volk binne natuurlike omstandighede waarin ons Sy Wette moet uitvoer volgens Sy wil,in hierdie tyd moet ons geestelik veg deur gebed totdat Vader ons verhoor en die swaard in ons hand gee tot eer van Sy Naam.bly weg van politiek wat weereens verdeeltheid bring,ons het net een leier ons Verlosser en Vader,enigeen wat deel het aan hierdie sataniese politieke bestel onderhandel met die hel self en is deel van die hel waardeur dit hul mag ontvang het,omdat hierdie volk die wereld en kerk leer bo die God en naaste leerstellings verkies het en so die vloek oor ons self gebring het,lees asb. Deuter.28 en Lev.26