Bende verskyn oor plaasmoord

Agt verdagtes verskyn op Vrydag, 21 November in die landdroshof op Odendaalsrus in verband met die moord op mnr. Willie Janse van Rensburg.

Die bende is in besit van twee vuurwapens gevind, waarvan een aan die 72-jarige mnr. Janse van Rensburg behoort het. ‘n Sak is ook by hulle gekry wat gesteel is in tydens hulle roof- en moordtog op 30 Oktober by sy huis op die plaas Nuwejaarsbosch.

Sy Hyundai bakkie is gesteel en later verlate naby Thabong gekry.