Bejaarde moes pleit om te lewe

Mev. Babsie Smit (78), van Welkom in die Vrystaat moes pleit by die twee terroriste om haar nie dood te maak soos wat hulle met haar man, Jack, gedoen het nie.

Die twee terroriste het haar man met barbaarse brutaliteit vermoor in sy woonhuis, deur gebruik te maak van ’n panga en messe as moordwapens.

Mnr. Smit het op die toneel aan sy wonde beswyk, en sy vrou moes smeek en pleit om nie ook doodgemaak te word nie.

Sy het wel ook meswonde opgedoen en verkeer tans in ’n bevredigende toestand in die Mediclinic van Welkom.

Die egpaar se seun het later gesê hy het ’n boodskap gekry nadat sy ma ’n paniekknoppie gedruk het, waarna hy hom gehaas het na hulle woonhuis waar hy sy pa se lewelose liggaam in ’n plas bloed voor die TV gevind het en sy ma in ’n erg getraumatiseerde toestand en met talle meswonde, na die hospitaal geneem.

’n Polisiebeampte sê dit is die wreedaardigste moord wat hy nog ooit in sy 30 jaar van polisiediens gesien het.

“Net ’n barbaar kan so wreed wees, want nie eers ’n roofdier is so gevoelloos nie”, het hy gesê.