Bejaarde in Ooskaap vermoor

Mnr. Keith Ferreira (86) van die Fairlands Tehuis in Oos-Londen is ’n paar dae gelede op ’n wrede wyse vermoor.

’n Klein plas bloed is langs sy lewelose liggaam gevind waar hy in die voorhuis gelê het, maar dit is nie duidelik waarmee hy vermoor is nie.

Hy was ’n afrigter by Port Rex High School  in Oos=Londen vir meer as 30 jaar, en was alom bekend by inwoners van die omgewing en die skool waar hy jare gelede gewerk het.

Die polisie ondersoek die saak te midde van vermoedens dat hy deur ’n swart personeellid van die Tehuis vermoor is.