Bejaarde drie dae langs lyk vasgebind

Terroriste het die Du Toit egpaar vasgebind en in hulle garage aangehou, waarna hulle die huis geplunder en besteel het.

Daarna het hulle mnr. Louis du Toit (76) doodgeskiet en sy vrou vasgebind gelos by sy lewelose liggaam.

Sy het blykbaar drie dae vasgebind gesit langs die lyk van haar man voordat hulp opgedaag, en die erg getraumatiseerde dame hospitaal toe geneem kon word.

Gedurende die tyd het sy nie water of kos ingekry nie, en was gevolglik erg ontwater.

Iemand het glo die polisie in kennis gestel dat alles nie reg lyk by die huis nie, waarna ondersoek gedoen is.

Beide se hande en voete was vasgebind, en mev. Du Toit kon nie daarin slaag om haarself te bevry, en niemand kon haar geroep om hulp hoor nie.