ANC-leiers word beledig by jeugliga-kongres

Van die mees senior ANC-leiers is met groot lawaai by die ANC se Jeugliga kongres in Soweto beledig en uitgejou.

Plakkate met slagspreuke, ’n gegil en geskree, was alles deel van die Jeugliga se optrede teenoor leiersfigure van die regerende party, waaronder Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, die adjunk-sekretaris-generaal, asook Malusi Gigaba, die huidige Minister van Binnelandse Sake deurgeloop het.

Verskeie ander r ANC-lede is ook deur afgevaardigdes uitgejou soos wat hulle die kongressaal binne gekom het.

Verslaggewers teenwoordig is dit redelik eens dat die eerste dag van die kongres, tekens van anargie getoon het toe ’n singende groep se optrede gelei het tot ’n gespanne atmosfeer wat chaos kon veroorsaak omdat die nuwe leier vir die jeugliga nie verkies kon word nie.

Afgevaardigdes neem Mantashe kwalik vir die swak reëlings waarom ’n nuwe leier nie verkies kon word op die bestemde tyd nie, en het gedrig om die kongres te ontwrig.

Pres. Zuma, wat verkies het om weg te  bly van die kongres, was glo verantwoordelik vir die onverwagse reëling dat die nuwe leier eers in 2015 gekies sal word.

Zuma was veronderstel om die kongres te se openingstoespraak te hou.

Fikile Mbalula, Minister van Sport en voormalige jeugliga-president, kon daarin slaag om die afgevaardigdes te kalmeer en gesê die ANC kan nie anargie toelaat nie.

“Geeneen is verhewe bo die ANC nie, en ons sal nooit weer anargie toelaat nie,” het hy gesê.

Foto – Fikile Mbalula