ANC klap weer na boere

Die ANC-koukusvoorsitter in die Wes-Kaapse parlement, Sharon Davids, eis nou dat boere swaar gestraf moet word as plaaswerkers van plase afgesit word. 

Die uitspraak kom nadat sy en die adj.pres. Cyril Ramaphosa ‘n besoek aan die Paarl gebring het. Ramaphosa en Senzeni Zokwana, minister van LAndbou, Bosbou en Visserye, en Pravin Gordhan, minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, het samesprekings oor die uitsetting van plaaswerkers gevoer. 

Sy sê hoewel Ramaphosa boere gevra het om nie plaaswerkers van plase af te sit nie, steur hulle hulle nie daaraan nie. Gevolglik versoek sy nou dat die kabinet ‘n moratorium op plaasuitsettings plaas en dat boere wat nie gehoor gee nie, baie swaar strawwe opgelê word. 

Volgens haar beskadig sommige boere werkers se huise om hulle van die plase weg te dryf.  

Hierdie laaste stelling van haar word deur kundiges as lagwekkend beskou. Die enigste mense in hierdie land wat huise afbreek en beskadig, is werkers en nie andersom nie.

Foto –  Sharon Davids