ANC-grootkop gedagvaar

Mathews Phosa word deur die premier van Oos-Transvaal, David Mabuza, vir R10 miljoen gedagvaar, nadat hy glo gesê het dat die premier ‘n apartheidspioen was.

Skynbaar sou Phosa in September vanjaar m.d.h. van ‘n vriend ‘n e-pos aan vier ANC-lede gestuur het waarin die bewering gemaak is. 

Kenners het die verslag reeds as vals bestempel. Intussen het Mabuza versoek dat die minister van Staatsveiligheid die aangeleentheid verder ondersoek.

David Mabuza het pres. Jacob Zuma verder in ’n brief gevra om ’n kommissie van ondersoek na dié bewerings aan te stel en het ook die minister van Staatsveiligheid versoek om die bewerings te ondersoek. 

Die verslag noem dat Mabuza op ANC-vriende soos Zuma, Phosa, Sisulu en Motshkga gespioeneer het en dat hy saam met Eugene de Kock van Vlakplaasfaam en die Askari’s gewerk het. 

Mabuza wat die aantygings ontken sê dat hierdie ‘n poging van Phosa is om Oos-Transvaal onregeerbaar te maak.

Foto – Mathews Phosa