ANC-bewind hou nie beloftes

Die feit dat die ANC-bewind nie sperdatums nakom vir dienslewering nie, het ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie en raak Suid-Afrikaners op ‘n daaglikse basis.

Suid-Afrikaners het pas weer beleef hoe beurtkrag toegepas moes word weens die ineenstorting van die steenkoolsilo by Majuba in Oos-Transvaal. Die elektrisiteitsnetwerk is steeds onder druk en Eskom waarsku die publiek op baie kort kennisgewing dat beurtkrag waarskynlik toegepas sal moet word.

Die werklike rede vir hierdie toedrag van sake is die oponthoud om die Medupi en Kusile-kragstasies aanlyn te kry, sê die energiekenner, Chris Yelland.

Die aanvanklike sperdatums vir die voltooiing van hierdie projekte is nou al meer as vier jaar oorskry en plaas enorme druk op Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening, het hy gesê.

Die finale datum vir die voltooiing van Medupi was 31 Oktober verlede jaar, maar is tot 30 Junie 2018 uitgestel. Dit is elf jaar nadat die ANC-bewind die projek aangekondig het en sal belastingbetalers drie keer meer as die aanvanklike koste uit die sak jaag.

Foto – Medupi kragsentrale