Amerika brand na jurie-uitspraak

Amerika het ontplof in rasgebaseerde betogings wat regoor die land uitgebreek het. Dit volg ná ’n besluit deur die vervolgingsgesag om nie ‘n blanke polisieman weens die skietdood van ‘n swart tiener te vervolg nie.

In Ferguson, Missouri, waar Michael Brown (18 jaar), in Augustus vanjaar deur Darren Wilson doodgeskiet is, het dit soos ‘n oorlogsone gelyk. Etlike geboue, voertuie en ander eiendom is aan die brand gesteek, skote is (deur die hoofsaaklik Afro-Amerikaanse betogers) afgevuur en grootskaalse plundery van besighede het plaasgevind.

Die polisie moes skokgranate en traanrook gebruik om orde tydens die gewelddadige betogings te probeer handhaaf.

Betogings het in plekke soos New York, Oakland (Kalifornië), Los Angeles, Seattle, Washington en Boston voorgekom.

Die Amerikaanse departement van justisie in intussen besig met twee burgerregte ondersoeke na aanleiding van die betrokke saak.