Afrikaans is steeds Groot met Hofmeyr

’n Hofbevel is teen die kommentaar, Conrad Koch, gekry vir sy ‘aanvallende’ kommentaar op Twitter teen die sanger, Steve Hofmeyr.

Hy het ook lede van die publiek gevra om Koch te verkla indien hy beledigende aanmerkings (op die sosiale media) sou maak.

Koch het die afgelope tyd ‘n veldtog gevoer teen borge van die musiekfees, Afrikaans is Groot (GiS), se borge om sodoende vir Hofmeyr by te kom vir sy kommentaar oor apartheid op sosiale media.

Die borge Pick n Pay en Land Rover het intussen volgens bepaalde mediaberigte aangedui dat hulle hul borgskap van die fees in die toekoms gaan “hersien”.

Die feesorganiseerders van GiS het gesê dat Hofmeyr steeds tydens die fees gaan optree. Bykans 80,000 kaartjies is al verkoop en diegene wat kaartjies gekoop het, het dit gedoen met die veronderstelling dat Hofmeyr gaan optree. Elke kaartjie is eintlik ‘n kontrak met die koper, het die woordvoerder van GiS, Barnard Beukman, gesê.

Hy het hom voorts soos volg uitgelaat: “…dit is baie onregverdig en onaanvaarbaar dat die kommentator Conrad Koch die borge van Afrikaans is Groot, ander organisasies en persone teiken deur hulle elke uur op sy Twitter-rekening aan te val.”

Volgens Beukman word Kock se reg op vryheid van spraak en debat oor heersende onderwerpe met wie ookal erken. “Maar om die besigheidsbelange van maatskappye skade te berokken deur hulle in ‘n bestuurde veldtog te teiken oor sake wat nie relevant is ten opsigte van hulle betrokkenheid by Afrikaanse musiek nie, grens aan teistering…”.

Die Afrikaans is Groot-optredes vind op 14 en 22 November in Pretoria plaas, en 28 en 29 November in die Kaap.

Foto – Conrad Koch