Konstabel Marie Els, wat geskors en afgedank is weens haar optrede teenoor ’n rower, waarvan die besonderhede op ’n video vasgelê is, het weer as polisiebeampte haar pos terug gekry en is weer volstoom aan die werk.
Sy is ontslaan nadat video materiaal getoon het dat sy ’n rower geskop het, en ook met ’n ysterstaaf gesteek het.
Konst. Els het haar pligte opgeneem by die Hercules-polisiekantoor nadat haar appèl teen haar ontslag geslaag het.
Els se straf is intern gewysig tot ’n R1,000-boete op die klag van aanranding op ’n gevangene.
Sy is etlike maande gelede afgedank nadat sy skuldig bevind is dat sy ’n rower aangerand het, en dat haar optrede wreed was.
Adv. Dennis Smith, die regsverteenwoordiger van Els sê hulle het op appèl versagtende omstandighede uitgewys wat nie in ag geneem is toe sy afgedank is nie.
Mooi gedaan, moet om Vaders Naam nie weer n ANC Kaart draende Krimineel aanrand nie. Wonder net of die Senior Swart Offisier op diens aan gevat was oor sy Nalatigheid om die “Prisonier” te beskerm en Konst. Els te betug oor die “aanranding”. Siestog, die arme Krimineel was seker vol pyne. Wag tot sy Rekord terug kom en hulle vind uit hy word lankal gesoek vir Moord, Verkragting, Huisbraak en alle ander soort Misdade. O Ja!!! Hy Kwalifiseer vir die Presidensie of Parlementslid. LMGA