ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Erectile dysfunction company launches website to get generic Viagra in Germany

Daily Archives: November 10, 2014

Goeie nuus word verdien

Die onlangse wêreld mededingendheids-verslag (Global Competitiveness Report) bevat heelwat statistiek wat nie positief is oor Suid-Afrika nie. Op die gebied van arbeidsverhoudinge beklee die land die swakste posisie (die minste…

Nuusflitse – 10 November

Vier gewapende mans het onder andere R120 000 tydens ’n huisroof in Arcadia, Pretoria gebuit terwyl die huismense met vuurwapens aangehou is. Hulle het gevlug  met die eienaar se motor, selfone…

Nasionalisme op WEF-lys

Werkloosheid en ‘n toename in ‘n ongelyke verdeling van inkomste is van die hoof bekommernisse waarmee wêreldleiers hulleself in 2015 besig gaan hou. ‘n Pas vrygestelde verslag van die Wêreld…

Skotse nasionaliste maak ‘n terugkeer

Die Skotse Nasionale Party (SNP) beleef ‘n ongekende oplewing in steun en dit lyk asof die party die Skotse Arbeidersparty in volgende jaar se algemene verkiesing (SAP) uit die kussings…

Gebede help Berlynse Muur val

Die val van die “Muur”, vyf en twintig jaar gelede, is ‘n aangrypende gebeurtenis veral as die Gebede vir Vrede wat dit vooraf gegaan het, inaggeneem word. Hierdie Gebede vir…

Ligte brand weer by Pretoria skole

Die elektrisiteitstoevoer van 38 skole in Pretoria is oor die naweek weer aangesluit nadat die provinsiale departement van onderwys onderneem het om die agterstallige skuld aan die metroraad te betaal….

Spesialiste trap mediesefondse se wind uit

Mediese spesialiste vra blykbaar soms tot 300% meer as die bedrae wat mediese fondse toelaat. Die bewering is vervat in ‘n voorlegging wat die Raad vir Gesondheidsorg Befondsers aan die…

Okosa moet Poskantoor uitskop

‘n Groep kleiner uitgewerye gaan die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika (Okosa) nader om te eis dat die instansie die Poskantoor se lisensie kanselleer. Dit volg na die drie maandelange…

Raak Afrikaans nog beter baas

Afrikaans het ‘n wonderlike aanlyn-helper gekry in die vorm van ‘n nuwe webwerf, bekend as www.beterafrikaans.co.za. Met hierdie gratis webdiens kan Afrikaanse taalgebruikers en aanleerders ‘n hele reeks kitsoplossings kry…

Val van Berlynse Muur is boodskap van geloof

As ‘n Oos-Duitser is dit heel gepas dat kanselier, Angela Merkel, saam met die Duitse volk die val van die Muur vyf en twintig jaar gelede herdenk. Die dag se…

Lourierkrans vir puik digteres

Die digteres, Driekie Grobler, kry die afgelope tyd met besondere onderskeiding erkenning vir haar gedigte. Haar debuutbundel, Hartsnare, is in ‘n kort tydjie uitverkoop en gaan nou vanweë die gewildheid…

Agave attenuata – Leeustert

Hierdie pragtige fokusplant word ook genoem “lion’s tail’, “swan’s neck” of “foxtail”.  Die byname van Agave attenuata pas eintlik baie goed by die plant veral wanneer dit in blom is. …

Motor rubriek – Nissan X-Trail

Die Nissan X-Trail was nog altyd ‘n baie gewilde voertuig in S.A. Aan betroubaarheid het dit nie ontbreek nie en die “vierkantige” bouvorm is ‘n bekende gesig op die land…

Plaasuitsettings wettig, maar onbillik

Twee prokureurs van die Universiteit van Stellenbosch se regshulpkliniek, dr. Marion Hattingh en Chris Julius meen dat die meeste van die plaasuitsettings wettig is, hoewel partykeer onbillik.  Die Drakenstein-munisipaliteit loop…

Kaderaanstellings sink staatsdiens

‘n Dokument van die Staatsdienskommissie (SDK) lê die rede vir vir die ineenstorting en wanadministrasie in talle departemente voor die deur van kaderaanstellings, regstellende aksie en transformasie. Dit veroorsaak ook…

Hoe onafhanklik is SABC-raad?

‘n Aansoek is verlede week in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien waarin die aanstellingsproses van die SABC se uitvoerende groephoof, bedryfshoof en finansiële hoof bevraagteken word.  Die aansoek word deur die SOS…

ANC klap weer na boere

Die ANC-koukusvoorsitter in die Wes-Kaapse parlement, Sharon Davids, eis nou dat boere swaar gestraf moet word as plaaswerkers van plase afgesit word.  Die uitspraak kom nadat sy en die adj.pres….

Visumregulasies hou nie water nie

Die minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, se standpunt oor visumregulasies dat dit ingestel is om misdadigers uit die land te hou, hou nie water nie.  Gigaba het in ‘n…

Hoeveel ondersteun werklik vir Belhar?

In die tipiese "new-speak" van Orwell in ‘n bekende Afrikaanse koerant word aangekondig dat 73% van die oostelike sinode van die Nederduits Gereformeerde (NG) Kerk die Belydenis van Belhar aanvaar het. …

Min vordering na Nigeriëramp.

Min vordering na Nigeriëramp.   Twee maande na die ramp van 12 September by die T.B. Joshua kerkkompleks in Lagos plaasgevind het, sal die minister van die presidensie, Jeff Radebe,…

Honderde staatsvoertuie nou in onbruik

In die Oos-Kaap staan honderde voertuie en vergaan, sommige was in ongelukke betrokke, ander is ongeskonde, terwyl ’n ander deel staan omdat daar ’n meganiese fout is wat herstel kan…

Staat sluit honderde skole

Die aanwas in die bevolking is skynbaar nie ’n faktor waarmee die regering rekening hou terwyl hy jaar na jaar van die openbare skole sluit nie. Sedert die ANC die…

Blanke neem waar as SAL-hoof

Nico Bezuidenhout is aangewys as waarnemende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) nadat Monwabisi Kalawe weens beweerde ongerymdhede geskors is. Dudu Myeni, die huidige voorsitter van die SAL-direksie, het in…

Bosluise vreet boer se wins

Bosluise veroorsaak dat die boer dikwels swaar verliese ly as daar nie betyds en deurlopend teen die plaag opgetree word nie. Bosluise is dikwels die oorsaak dat melkproduksie met sowat…

Ebola-begrafnisse bly gevaarlik

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê die gevaar van begrafnisse is nog nie behoorlik onder die aandag van inwoners gebring nie, en menige word besmet deur selfs met die lyke te werk…

Nkandla – Zuma steeds onveilig

Die ANC regering het nou wel R246 miljoen spandeer om Nkandla te beveilig vir die president, maar die eersteburger is nog steeds onveilig in sy eie huis. Dit is een…

Die Russe kan dit doen

Die Russe sê hulle kan met die mees moderne toerusting, Suid-Afrika se kernkragsentrales oprig en is 100% seker dat hulle aan alle vereistes kan voldoen. In ’n verklaring het Rusland…

Ministers skuldig, nie amptenare

ANC ministers is die skuldiges vir die Nkandla-fiasko, en nie die amptenare nie. Dit is die bevinding van ’n parlementêre ad hoc-komitee volgens ’n verslag wat uitgereik is, maar wat…

Pretoria in finansiële moeilikheid

Die metroraad van Pretoria is in finansiële moeilikheid en moet nou dringend planne tot uitvoer bring om sy geldelike verpligtinge na te kom. Van die belangrikste maatreëls wat nou toegepas…

Chinese se ivoor-handel wek kommer

Die besoek van die Chinese president, Xi Jinping, aan Tanzanië het skynbaar geleentheid geskep vir Chinese sakemanne om onwettige ivoorhandel te bedryf wat nou tot grootskaalse olifantstropery gelei het. Die…

Honderde werkloses betoog vir werk

Sowat 1,200 werkloses wat glo lede is van die Ses’Khona People’s Right Movement  het begin betoog in Kaapstad by die spoorwegstasie, in die hoop om werk te kry. Die betogers…

Hospitaal in oorlog gewikkel teen rotte

’n Hospitaal in Indore, suid van Delhi, het oorlog verklaar teen die derduisende rotte wat in en om die hospitaal leef. Die bestuur van die hospitaal het ’n plaagbestryding maatskappy…

rolex replicas for sale