Zuma ignoreer Thuli

Die stryd tussen die land se president en die Openbare Beskermer (OB) het ’n nuwe wending geneem met die klaarblyklike besluit van pres. Jacob Zuma om kommunikasie met die kantoor van die OB te staak.

Dit is reeds meer as 6 weke sedert die OB se adv. Madonsela  geskryf het aan die president rakende haar kantoor se bevindings oor die Nkandla-fiasko.

Tot hede het die president geen woord gerep na haar kant wat enigsins as ’n antwoord beskou kan word nie.

Gedurende middel September het die OB ’n tweede brief gerig, maar ook die is onbeantwoord geïgnoreer, ongeag haar versoek om ’n skriftelike antwoord te verwag van die president.

Onlangs het die Wes-Kaapse Hooggeregshof beslis dat die OB se bevindings nie bindend is nie, maar mag nie geïgnoreer word nie.

Eegter Ashton Schippers het ondermeer bevind dat die OB nie ’n hof is nie, maar haar aanbevelings kan wel in die hof getoets word.

Mac Maharaj het intussen geen aanduiding gegee waarom die OB se skrywes skynbaar deur pres. Zuma geïgnoreer is nie.

Intussen het adv. Madonsela ’n vergadering gereël om haar plan van optrede te finaliseer, met die oog daarop om te appelleer teen die hooggeregshof se beslissing.