Wes-Kaap wil voor stap met grondgryp

Die Minister van Ekonomiese sake in die Wes-Kaap, Alan Winde, gaan glo die grondhervorming momentum gee in die provinsie gedurende die volgende paar jaar.

Hy sê in ’n verklaring dat die Wes-Kaap nie langer kan aangaan soos wat tans die gval is nie, want slegs 1% van die provinsie se landbougrond is in besit van swartes, en dit moet reggestel word.

Hy sê dit is in skerp teenstelling met die 4% wat deur buitelanders besit word in die gebied.

Winde het ’n vergadering gehou met leiers en plaaswerkers verbonde aan die Hexvallei Plaaswerker Vereniging (HPV) asook munisipale amptenare en verteenwoordigers van die Hexvallei Tafeldruiwe Assosiasie (HTA).

In sy rede het hy aangevoer dat meer swart boere nodig is as die provinsie vooruit wil beweeg.

Hy reken die probleme wat in die provinsie is, moet opgelos word, want Cosatu en ander vakbonde wil die plek onregeerbaar maak, en die baie probleme wat bestaan tussen werknemer en werkgewer, moet uit die weg geruim word, sê hy.

Foto – Alan Winde.