Veldtog teen renosterstropery kry hupstoot

Die Vredespark Stigting gaan R30 miljoen belê om renosterstropery in Mosambiek en natuurreservate in Noord-Transvaal te bekamp.

Die geld sal gebruik word om kommutasietegnologie en -stelsels op te gradeer, veldwagters op te lei, programme teen smokkelary te loods asook vir snuffelhonde en navorsing.

Die belegging vorm deel van ‘n ooreenkoms wat die Stigting met die Mosambiekse regering en die Joaquim Chissano Stigting gesluit het.

Volgens die departement van omgewingsake se beskikbare statistiek tot en met 12 Oktober is 791 renosters al vanjaar deur stropers in Suid-Afrika doodgemaak. Hiervan was 503 in die Kruger Wildtuin en 103 in Noord-Transvaal, wat bevestig dat stropers hoofsaaklik vanuit Mosambiek opereer om namens Oosterse klante renosters vir hulle horings dood te maak.