Vakbond maak reg vir landbouprotes

Die vakbond vir plaaswerkers, Bawusa, is besig om sy lede te mobiliseer om deel te neem aan ‘n protesoptog in die Wes-Kaap.

Vroeër vandeesmaand het Bawusa en Cosatu gedreig dat vakbondlede algehele chaos in die Wes-Kaapse landboubedryf gaan veroorsaak.

Die voorwendsel vir die dreigemente is sogenaamde onwettige afsettings en onregverdige arbeidspraktyke.

Bawusa se sekretaris-generaal, Nosey Pieterse, het die afgelope tyd rondgegaan om mense op te vorder vir protesaksie.

Pieterse was ook besonder aktief en betrokke in die massa protesaksies wat twee jaar gelede in die Kaap plaasgevind het, waartydens miljoene rand se saakbeskadiging weens brandstigting aangerig is. Vrugteboorde, pakstore en plaastoerusting is indertyd in brande deur plaaswerkers en leeglêers verwoes.