Transnet betaal bonusse

Pensioentrekkers van Transnet gaan glo ’n bonus van 8,33% gedurende November ontvang wat blykbaar ’n klein bietjie verligting kan bring.

Die bonus gaan aan duisende verarmde pensioenarisse betaal word wat nou reeds vir jare verontreg is met ’n stelsel wat Transnet in omstredenheid gedompel het.

Tans ontvang die pensioentrekkers ’n jaarlikse aanpassing van 2%, wat aansienlik laer is as die inflasiekoers.

’n Gemiddelde bonus sal sowat R2,825 per lid beloop, wat uit ’n bedrag van R178 miljoen betaal gaan word aan sowat 63,000 lede.

Die uitbetaling sal die tweede van die aard wees vir vanjaar, nadat pensioenarisse in April ook ’n “bonus” ontvang het.

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Transnet, het glo in ’n verklaring gesê dit is hulle erns om die fonds te versterk.

Indien enige iemand navrae wil rig kan 011 587 8000 geskakel word.