Terroriste vermoor Vrystaatse boer

Terroriste het ’n aanval uitgevoer op die plaas, Nuwejaarsbosch, van mnr. Willie van Rensburg in die Odendaalsrus distrik.

Na wat verneem word is die 72-jarige boer deur ’n bende van vyf terroriste oorval en doodgeskiet.

Mnr. Van Rensburg was vir ’n wyle uit sy huis om die honde los te maak vir die nag, toe hy deur die terroriste geskiet is.

Hy is die agste boer wat in die afgelope tien maande vermoor is in die Vrystaat deur vermeende terroriste.

Blykbaar is hy oorval deur die vyf swartes, waarna sy vuurwapen van hom afgeneem is, en toe daarmee geskiet.

Die terroriste het met selfone, kontant wat in die huis was, op die vlug geslaan.