Gewapende magte van Irakse Koerdistan het vir die eerste keer begin om aan te sluit by die gevegte teen die Islamitiese Staat (IS), ook bekend as Isis of Isil, se beleëring van die Siriese stad, Kobani, naby aan die Turkse grens.
Die sogenaamde Peshmerga-vegters se aankoms word al meer as ‘n week verwag nadat Turkye kort gelede bekend gemaak het dat hy tóg sy grense vir versterkings sal oopstel.
Sowat 150 Peshmerga (letterlike betekenis
Die Turkse regering is klaarblyklik verantwoordelik vir die oponthoud van meer as ‘n week weens die Turke se onderliggende antagonisme jeens die Koerde se volksnasionalistiese aspirasies. Die Peshmerga vorm ‘n integrale deel van hierdie politieke doelwitte van die Koerde.
Of die Pershmerga-vegters die skaal in Kobani sal
Indien die verskillende Koerdiese faksies hulle geskille sou kon bylê en as ‘n verenigde front uit hierdie stryd tree,
Verw.: “….weens die Turke se onderliggende antagonisme jeens die Koerde se volksnasionalistiese aspirasies.”
Goeiedag Boere,
Die Koerdiese Seperatiste is seker een van die oudste Afskeidings-bewegings wat steeds nie hul onafhanklikheid ontvang het nie. Die gebied waarop hulle aanspraak maak, val ongelukkig oor die grense van die drie state, Irak, Sirië en Turkye, en is grootliks ook die gebiede wat nou deur ISIS/L as IS opgeeis word. Die groot rede waaroor die Koerde juis die IS teenstaan, is oor daar ‘n groot aantal Christene onder die Koerde is, en dat talle van hulle reeds deur ISIS vermoor is.
Die groot etniese volksmoord gedurende die Tweede Wêreld-oorlog op Armeniërs deur die Turkse Moslems, het ook ‘n groot invloed op die Koerde se redes vir afskeiding.
Boeregroete,
DuP