Tegnologie ingespan teen plaasaanvalle

Boere van die Wes-Transvaal het nou begin om die tegnologie aan te wend om hulle te beveilig teen plaasaanvalle deur terroriste.

Die groep het begin om die sosiale media toepassing, bekend as “WhatsApp” in te span om hulle te help in die stryd teen terrorisme.

Mnr. Jacques Jordaan het blykbaar die plan bedink en sy mede boere van die omgewing betrek in die plan wat nou in volle swang tot uitvoering gebring word.

Sy metode, bekend as “boerehulp” moes later ’n tweede groep boere, onder “boerehulp2” begin omdat ’n groep uit hoogstens 50 lede kan bestaan.

Sowat 70 boere is al by die hulp-plan betrek wat almal in die omgewing van Vryburg, Schweizer-Reneke, Migdol en Amalia woonagtig is.

Wanneer ’n noodtoestand ontstaan, kan die betrokke boer net ’n boodskap soos “help” stuur, en almal op die stelsel kry feitlik oombliklik die boodskap, en weet presies wie dit gestuur het.

Alhoewel die stelsel ontwikkel is om terroriste vas te vat, kan dit ook gebruik word met noodgevalle soos veldbrande, veediefstal, verdagtes in die omgewing aan ander boere bekend te maak, en vele ander noodgevalle.

Boere wat belangstel kan met die ontwikkelaar kontak maak by 073 6446 645, en kan ook ’n e-pos stuur aan hom by [email protected]