Staatsbates verkoop om Eskom te "red."

Die regering kort R20 miljard om Eskom te red en daarom gaan hulle staatsbates verkoop. 

Tot dusver swyg hulle oor watter staatsbates verkoop sal word. By monde van die Minister van Finansies, Nhlanhle Nene, blyk dit dat daar eers ondersoek ingestel sal word om te besluit wat staatsbates is en nie wesensbates nie.

Nene het ook gesê dat hierdie stap nie gesien moet word as privatisering of beleidsverandering nie, maar dat die regering hom somtyds op plekke bevind waar hy nie hoort nie, en dan moet ‘n verandering gemaak word. 

Eskom se finansieringstekort is R226 miljard. Die regering kan nie sy begrotingstekort verhoog nie, want dan sal die land se kredietgradering weer afwaarts aangepas word. 

Die R20 miljard sal nie ‘n invloed op die land se skuldposisie hê nie aangesien die bates eers verkoop moet word en die geld by die nasionale tesourie inbetaal word. Saam met lenings van R50 miljard sal dit kredietgraderingsagentskappe tevrede stel dat Eskom wel sy finansiële verpligtinge sal kan nakom.

 

Die R60 miljard wat vroeër aan Eskom geleen is, sal waarskynlik in ekwiteit omgeskakel word. Wat beteken dat Eskom dit nie hoef terug te betaal nie.

 

Die hoop is dat al hierdie lenings en verkoop van bates, Eskom in staat sal stel om R250 miljard te leen om sy bouprogram voort te sit sonder skerp stygings in elektrisiteitspryse.