Staat haastig vir skalie-geld

Die ANC-bewind is haastig dat die soektog na skaliegas in die Karoo moet begin want ingevolge nuwe wetgewing kan die regering sakke vol geld daaruit maak.

Volgens die jongste inligting kan hidrobreking om skaliegas te ontgin reeds so vroeg as die middel van 2016 begin indien die owerheid sy sin kry.

Ingevolge die Wysigingswetsontwerp vir die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne wat vanjaar goedgekeur is, wil die regering ‘n gratis aandeel van 20% in enige nuwe eksplorasie en die produksie van olie en gas hê, wat skaliegas insluit. Daarby is die ANC-bewind geregtig om ‘n deelname van tot 80% in dié werksaamhede te hê.

Die maande, Desember en Januarie, waartydens ‘n groot hoeveelheid vakansiedae voorkom en baie mense met vakansie gaan, word gebruik om die finale openbare konsultasies deur te druk met gemeenskappe wat deur hidrobreking geraak sal word. Dit sal glo aantoon wat gedoen is om die kommer aan te spreek omtrent die omgewingsimpak van hidrobreking sedert die moratorium daarop opgehef is.

Omgewingsbewustes en besorgde organisasies staan die eksplorasieplanne teen en opper kwessies soos die moontlike besoedeling van die Karoo se skaars waterbronne.

Die staat wil teen Julie of Augustus aanstaande jaar lisensies toeken, waarna verwag word dat hidrobreking nagenoeg 12 tot 18 maande daarna sal begin.

Tydens ‘n parlementêre inligtingsessie is slegs drie van die maatskappye genoem, naamlik Shell, Bundu Oil & Gas, and Falcon Oil & Gas, wat om eksplorasielisensies gedoen het, maar die name van die ander is weerhou.

Vroeër vanjaar het adv. Anton Alberts van die VF Plus daarop gewys dat hidrobreking astronomiese geldelike voordele vir die ANC inhou deur hul steun vir Shell. Shell se Suid-Afrikaanse bemagtigingsvennoot in die projek is Thebe Beleggings, wat 12% van Shell SA Refining besit en 14% van Shell SA Marketing. Die Batho-Batho-Trust besit 51% van Thebe. Die ANC is die enigste begunstigde van Batho-Batho en sal dus regstreekse geldelike voordeel uit die projek trek, het hy gesê.

Die ANC-bewind is haastig dat die soektog na skaliegas in die Karoo moet begin want ingevolge nuwe wetgewing kan die regering sakke vol geld daaruit maak.

Volgens die jongste inligting kan hidrobreking om skaliegas te ontgin reeds so vroeg as die middel van 2016 begin indien die owerheid sy sin kry.

Ingevolge die Wysigingswetsontwerp vir die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne wat vanjaar goedgekeur is, wil die regering ‘n gratis aandeel van 20% in enige nuwe eksplorasie en die produksie van olie en gas hê, wat skaliegas insluit. Daarby is die ANC-bewind geregtig om ‘n deelname van tot 80% in dié werksaamhede te hê.

Die maande, Desember en Januarie, waartydens ‘n groot aantal vakansiedae voorkom en baie mense met vakansie gaan, word gebruik om die finale openbare konsultasies deur te druk met gemeenskappe wat deur hidrobreking geraak sal word. Dit sal glo aantoon wat gedoen is om die kommer aan te spreek omtrent die omgewingsimpak van hidrobreking sedert die moratorium daarop opgehef is.

Omgewingsbewustes en besorgde organisasies staan die eksplorasieplanne teen en opper kwessies soos die moontlike besoedeling van die Karoo se skaars waterbronne.

Die staat wil teen Julie of Augustus volgende jaar lisensies toeken, waarna verwag word dat hidrobreking nagenoeg 12 tot 18 maande daarna sal begin.

Tydens ‘n parlementêre inligtingsessie is slegs drie van die maatskappye genoem, naamlik Shell, Bundu Oil & Gas, and Falcon Oil & Gas, wat om eksplorasielisensies aansoek gedoen het, maar die name van die ander is weerhou.