SAOG tevrede met Botswana verkiesing

‘n Waarnemingspan van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het die verkiesing in Botswana as vry en regverdig asook geloofwaardig verklaar.

Die nuut verkose parlement het Ian Khama vir ‘n tweede termyn as president aangewys aangesien sy party die meeste stemme in die pas afgelope verkiesing gekry het.

Sy Botswana Demokratiese Party (BDP) het 37 van die 57 parlementêre setels gekry.

‘n Koalisieparty, die Sambreel vir Demokratiese Verandering (SDV) het vir die eerste keer aan ‘n verkiesing deelgeneem en het 17 setels verower. Die Botswana Kongresparty (BKP) onder leiding van Dumelang Saleshando het slegs drie setels gekry.

Foto – Ian Khama