SAL kry nie ‘n sent nie

Hoewel daar kort-kort berig word oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se finansiële probleme, is daar in die mediumtermyn-begroting nie ‘n sent aan die instansie toegewys nie.

Maar die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het gesê dat ofskoon die SAL nie genoeg geld in nie, is dit ‘n strategiese bate vir die land. 

Sy het daarop gewys dat die lugdiens daagliks 175 vlugte op 40 roetes onderneem. Dit beteken dat hulle 60 miljoen passasiers per jaar vervoer.

Sy het ook genoem dat die SAL wel waarborge van die regering gekry het, waarmee hulle geld by banke sal kan leen. 

Na die onlangse bedanking van ses direksielede is twee nuwe direkteure aangekondig. Die eerste taak van die tussentydse direksie sal wees om ‘n maatskappy aan te stel wat ‘n wen-strategie vir die lugdiens in werking sal stel.