Donker dae met kersligte kan voorlê want Eskom se kragnetwerk is alweer onder baie swaar druk en roterende beurtkrag kan selfs toegepas word.
Kragverbruik moet veral saans verminder word om te verhinder dat beurtkrag nodig sal wees, het die elektrisiteitsvoorsiener gewaarsku. Groot industrieë is gevra om hulle elektrisiteitsverbruik met ten minste 10% te verminder.
Tegniese probleme kom by sekere kragstasies voor en gebruikers sal vir die volgende week nog moet krag help spaar.
Vanaf April aanstaande jaar sal gebruikers gemiddeld 13% meer vir krag moet betaal en sodoende boet vir die wanbestuur en swak beplanning by Eskom.
Eskom moes onlangs by die regering vir ‘n R20 miljard kontantinspuiting en ‘n verdere R250 miljard leningswaarborge bedel. Sogenaamde nie-strategiese bates gaan deur die ANC-bewind verkoop word om Eskom uit sy finansiële verknorsing te help.
Hierdie Efrica-einsteins ….kan verdomp nie somme maak ….as ons firma 10% moet spaar , gaan ons 10% minder produseer …..M.a.w….Eksdom by homself is besig om die land se ekonomie met 10% te kniehalter….wat ons GDP afbring wat werkskepping aftrek , wat omset verlaag….BBEEE-bestuur = SA se ondergang !
Self so daar aan gedink Desmond toe ek die stuk lees! ……… Dit staan soos n paal bokant die water uit, dat die nuwe suid-afrika klaar geval het en nou net n tyd bom is…….
En oral waar jy ry is straatligte van groot voorstede aan gedurende die dag, hoe werk hul koppe…
Ek gebruik tog sonkrag Eskom
‘n Hele 5Kw daarvan.
Hulle weet nie hoe om dit af te sit nie.
Vriende, die beurtkrag klokkkie word weer gelui ! Iets is glo iewers ‘ gekraak ! ‘ Daar is gelukkig altyd n ” goeie rede ” hoekom iets in die NSA nie meer werk, of nooit weer sal werk nie ! Ons kan al n boek skryf oor hierdie ” redes ! ” Daar is al verwys na die totaal ongelooflikheid van die Eskom situasie nl. Hulle is n monopolie, wat iets voorsien, wat ONONTBEERLIK is vir die HELE land se voortbestaan, en hulle kan dit nie reg en/of volhoubaar bestuur nie ! Mense, besef julle die ERNS van so n situasie ? Die ergste is, die monster vreet homself op, deur sy eie noodmaatreëls bv. Almal moet MINDER krag gebruik, dus kry hulle MINDER geld in ! Die prys word WILD opgestoot, om meer geld in te kry, wat op sy beurt weer mense minder krag sal laat gebruik, EN laat oorslaan na alternatiewe krag ! O ja, amper vergeet ek, gooi by die mengsel, die kriminele wat gratis krag as hulle ” democratic right ” sien, en so daarvoor veg, dat hulle bo die wet funksioneer.Selfs die polisie is BANG vir hulle ! ! Hierdie is die ” besigheids-model ” van Eskom, en jy het GEEN geleerdheid nodig om te sien, dit kan NOOIT werk nie ! Wat het Siener nou weer gesê ? Dit word so donker, ek kan my hand nie voor my oë sien nie ! ( En dit, van n ” vlentergat profeet ! ” )
Oom Dirk,
Kerskrag mos nou nie vir oom n bodder nie!?
Sien oom Albers boer meer in tydskrifte se opsitkers om vrou te soek as enigiets anders ?
Gedog met die dat oom daai Israelitiese tannie Bosman gevra het om jou te kontak – sou oom geholpe raak.
Om daar by Vaalseun uit hou kort oom allermins “fyn” ouer dames wie “oom wil oppas “.
Eerder fris Boeretantes wat n John Deere met die een hand kan optel om n enjinblok om te ruil.
Ruiter.
PS.
Laat weet wanneer die huweliksklokkies lui. Is lus vir Dorper oppie spit sit daar in Wierda omgewing.
Ruiter, jy het ongelukkig, na my beskeie mening, die perke van redelikheid en ordentlikheid VêR oorskry. Ek wil jou nou BAIE graag ontmoet, sodat ons kan gesels oor al die dinge in die lewe wat ons pla. My tel nr is 0829363844, en as jy my nie wil bel nie, vra ek enige van die lesers op hierdie forum, om JOU tel nr en/of adres aan my te verstrek. Ek is selfs bereid om n klein beloninkie uit te loof, vir hierdie inligting.
Jan Boer;
Ek glo nie Ruiter bedoel om jou bloots te ry nie.
Ek wil dit sien as ‘n gekoggel wat daarop uit is om die ware opregtes onder ons te sif. Soms weet ek ook nie meer wie vertrou kan word, en wie nie.
Ek dink jou antwoord aan hom bevestig jou opregtheid.
Ek self het al baie “Kommentators” vriendelik uitgenooi vir ‘n man tot man geselsie.
Gelukkig het nog niemand daarop reageer nie. Het nog net vier tande oor. Hehe.
Lekker vredevolle dag vir julle beide.
Ruiter, jou persoonlike aanval op ‘oom Dirk’ is baie swak smaak en verklap baie van jou persoonlikheid en interpersoonlike (on)vaardighede. Hopelik voel jy nou beter oor jouself nadat jy weer eens iemand probeer kleineer het. Terloops, ek is die antie van die John Deer-trekker.
Ruiter vd Forum
Wonder wat se Ruiter is jy nog???? Wat nie mans genoeg is om onder jou eie naam te skryf nie wanneer jy ander persone persoonlik wil beledig of verneder. Tipies van ‘n ruggraatlose, agterbakse persoonlikheid. Maar vanselfsprekend sal jy ander die ou skuilnaampie wegkruip omdat jy geen mannemoer het om mense onder jou eie naam te beledig.
Dit kan dalk net die ‘natuurlikke” in ons ou Volkie weer na vore bring Jan Boer. Vandat die TV ons lewens oorgeneem het, het ons getalle ook sleg in die slag gebly.
Om weer by die opsit kersie tyd te verwyl kan dalk daardie sakie ten goede strek.
@ Tante Aletta,
Tante….ek’s bang Vryburger gaan my blokkeer in n aanname dat ek hul forum gebruik om “matchmaking” aan die hand te werk.
Maar as die oubaas nie belangstel nie ( hy’s nogal partikuler….dames moet fyn en getrein wees – se die advertensie ) – moet tante my n epos adres gee.
Ek sit hier met n 19-voertsek Massy Ferguson wat sal kan doen met n paar Boere voorarms soos oorlede Percy Hall.
Ook om my so dan en wan met n paar oorvee op die regte pad te hou.
Liefde & groete.
Daantjie Bewebroek.
Met jou spottery en ondeundheid sal jy dalk moet oorweeg om daai trekkertjie vir ‘n Tjopper te gaan inruil.
Met die ou Tannies en Ooms wat jou wil afslag sal dit dalk betaal om liewer “Ruiter van die Ruimte” te word.
….word weer gemodereer oom Dirk….
Nugter weet hoekom. Wou maar my siel aan oom openbaar.
Blameer die Uitveer.
Benoude Ruiter.
Jong. Moenie vir jou kom staan en stuitig hou nie.
Spotter se huis brand af !
PS
Help eerder jou boere-boer in sy nood.
Ruiter vattie Pad.
“Spotter se huis brand af !”
*********************
Stuitig seg jy vir my ? Dit kom daarvan as jy nie meer weet hoe om ‘n opsitkers te hanteer nie.
Mens blaas die dêm ding dood voordat hy (jy) opraak.
Capiche?
Hopelik was dit nie die “Nobel’-prys vir letterkunde wat hulle aan jou toegeken het nie. Dan ook hoe kon hulle ? Die gebruiker van swak spelling en sintaksis is dan self anoniem !
Seker meer Engels ? No bell…..[ die klok hoor lui maar die bel is soek ? ]
Ruiter. Puriteinse Afrikaner boer.