Russiese roebel ly onder sanksies

Die Russiese geldeenheid, die roebel, het op 2 Mei vanjaar teenoor die VSA dollar verhandel teen byna 36 roebel per dollar en daarna geleidelik versterk tot 33.7 roebel per dollar teen die einde van Junie.

Vanaf Julie vanjaar het die roebel konstant verswak en het op 30 Oktober teen  43.3 roebel teenoor ‘n dollar verhandel. Die wisselkoersverswakking sedert einde Junie tot 30 Oktober was 28%.

Europa het ook nie ongeskonde uit die “koue oorlog” gekom nie. Die EU se ekonomie was flink besig om te herstel en sekere lidlande het terug gesak en die EU moet sy eie ekonomie weer aanhelp.

Die Russiese ekonomie is egter die grootste slagoffer en daar word ‘n tekort aan sekere ingevoerde produkte ondervind, terwyl dit wat wel beskikbaar is nou heelwat duurder kos.