Ruimtetuig word wêreldnuus

Die Europese ruimtetuig, die Philae word gereed gemaak om die eerste landingstuig los te laat wat ’n suksesvolle landing van sy vrag, die Rosetta, op ’n komeet gaan uitvoer wanneer die regte oomblikke aanbreek.

Die landing word beplan vir 12 November, en sou waarskynlik veel later plaasgevind het, as dit nie vir die bydrae van ’n Suid-Afrikaner met sy skerp brein was nie.

Die plan is om ’n eerste tuig op die 67P/Choerjoemof-Gerasimenko komeet te laat neerstryk, en is nou reeds in ’n wentelbaan bo die komeet wat op die regte oomblik los gemaak sal word” om te land.

Die tuig sal sewe uur na die loslating, ’n landing doen op die komeet nadat die twee tuie reeds sowat 10 jaar lank op toer is na die komeet.

Prof. Herman Steyn, die groephoof van Rekenaar- en Beheerstelsels in Departement Elektriese en Elektroniese ingenieurswese, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch (US), was tien jaar gelede as hoofingenieur en spanleier by Surrey Satellite Technology (SSTL) betrokke as projekleier wat die Philae se sogenaamde “ momentum wiel” moes ontwikkel.

Die wiel wat maar 20 cm in deursnee is, en slegs 1,5 kg weeg, is ’n onontbeerlike deel van die tuig en die oefening om ’n suksesvolle landing te maak.

Met die ontwerp van die “wiel” moes seker gemaak word dat geen bestraling kon plaasvind op elektroniese dele nie, veral omdat die tuig tien jaar lank sou reis na sy bestemming.

Die “wiel” wat uit koper en aluminium vervaardig is, beweeg teen sowat 9,000 omwentelinge per minuut, en bly vertikaal tydens die landingsproses.