Die VSA het nog ’n mislukte ruimtevaart gehad toe hulle onbemande tuig kort nadat dit gelanseer is, in die lug ontplof het.
Die tuig is vanaf Virginië in die VSA gelanseer en Nasa het kort nadat die tuig ontplof het, bevestig dat die ongeluk plaasgevind het kort na die lansering daarvan.
Nasa beweer die enjins van die vuurpyl het ontplof. Die enjins word deur ’n privaat instansie gelewer.
Die tuig was sowat 6 sekondes in die lug toe dit begin terugsak aarde toe, en met die trefslag op die grond, het dit in vlamme uitgebars.
Die tuig het glo meer as twee ton voedsel aan boord gehad.
Die beheerpersoneel het opdrag gegee dat alle moontlike bewysstukke versamel moes word om ’n deeglike ondersoek daarop uit te voer.
Dit wek herinneringe aan lank gelede – toe die Challenger so in die lug ontplof het….
Nasa gebruik ‘n Russies vervaardigde vuurpyl Engine. Die nuutste storie word nou verkondig dat dit die Russe skuld is dat die ding ontplof het.
Nasa gebruik die Russies vervaardigde engine omdat die Amerikaners nie daarin kan slaag om ‘n meer doeltreffende, goedkoper of betroubare engine te vervaardig nie.
Buitendien gebruik hulle hierdie engine al vir baie jare.
Natuurlik sal die stomme Putin weer geblameer word. Net soos die res van Amerika, val alles daar ook nou uitmekaar agv die liberale siekte.
SpaceX, wat deur ‘n briljante Afrikaner/Boertjie besit word, is Nasa se beste alternatief naas die Russiese ruimte program. Nasa besit nie meer ‘n infra struktuur om mense op die SpaceStation te plaas nie.