Raakvat boere word vervolg

Boere wat saam met die polisie sou werk om die drie vermeende moordenaars van mnr. Johan Janse van Rensburg vas te trek, staar nou self klagtes van moord in die gesig.

Dit volg na drie vermeende moordenaars gevlug het nadat hulle plaaswerkers vasgebind het en die plaas se eienaar doodgeskiet het.

Plaaswerkers het daarna ’n paniekknoppie gebruik en boere van die omgewing is geaktiveer om na die moordenaars te soek.

Hulle het die vlugtende terroriste agtervolg, en in ’n skietgeveg is twee van die swartes gedood en die derde een gevange geneem.

Na wat berig word, gaan die polisie nou die boere aankla vir moord op die twee terroriste.

Onbevestigde berigte lui dat die polisie nie vinnig genoeg na die toneel gegaan het nadat hulle in kennis gestel is van die volksmoord geval nie, en die boere was genoodsaak om ter wille van hulle eie veiligheid, terug te skiet op die vlugtendes.

.