‘n Mosambiekse plaasterroris is in die streekshof op Nelspruit tot 104 jaar agter tralies gevonnis vir die skrikbewind wat hy in 2007 in die Malalane en Baberton-omgewing gevoer het.
Lorenzo Mazunze (33 jaar) is skuldig bevind aan diefstal, betreding, huisbraak met die doel om te roof, gewapende roof, poging tot moorde en saakbeskadiging.
Landdros Andre Geldenhuys het gesê Mazunze is in 2008 aangekeer toe hy geskiet is terwyl hy ‘n gesin op ‘n plaas op Malelane probeer beroof het.
Die terroris het nie alleen opgetree nie en alle getuienis toon dat hy die een was wat elke keer ‘n vuurwapen uitgehaal en geskiet het. Volgens Geldenhuys is Mazunze gelukkig ‘n baie swak skut.
In een van die gevalle is ‘n plaasboer van Malalane, Andre van Rooyen, met ‘n byl in sy huis aangeval, waarna Mazunze hom in die maag geskiet het. Mazunze het tydens ‘n gewapende roof op ‘n plaasboer se vrou, Gloria Morgan, op Baberton geskiet, maar het mis geskiet. Hy het op twee plase die plaaswerkers se lone geroof en sodoende R23 000 en R200 000 in die hande gekry.
Hy het telkens na ‘n plaasaanval na Mosambiek teruggekeer en nog aanvalle beplan.
Die plaasterroris is 104 jaar gevangenisstraf opgelê en sal nooit vir parool kwalifiseer nie.
En wat gaan hierdie verblyf in die tronk SA belastingbetalers kos?
NET 104 jaar?
Pieter, dit is presies die tragedie van die hele situasie ! Ons moet bly glo dat die Volmaakte Nuwe Republiek waarvan Siener gepraat het , n werklikheid sal word. In daardie tydperk gaan elke plaas-moordenaar, verkragter, verduisteraar ens, in hulle tronkselle doodgeskiet word ! Verby sal die dae wees, dat hardwerkende, eerlike mense misbruik word om uitvaagsels aan die lewe te hou. Dit is hoe jy n nuwe beskawing tot stand bring. Mense wat nie hievan hou nie, sal gehelp word om die land permanent te verlaat ! !
…ek stem saam …ek wil nie my belasting aanwend om `n pes aan die lewe te hou…noem my maar `n hater of liefdeloos of rassis ….maar my naaste kom eerste ( my kinders , my huis , my familie , ens ens ….) al die filantrope kan mos in-club en `n paar rand skenk , begin by Fw en sy stigting….
Goeie dag Jan Boer en Desmond
Ek is so dankbaar om te kan lees dat daar mense is wat PRESIES SOOS EK VOEL!
En kyk maar na Oom Siener se voorsplellings, presies in die kol !
Ja, ons sal daar uitkom. Maar intussen is dit harde bene kou – deur hoeveel van daai siwwe is ons nou al?
Solank ons landsgrense “oop” is vir enigeen om oor en weer te loop,sal ons probleem net vererger.Moor,steel,verkrag ens.en keer terug na jou eie land en die SA regering sal nie veel doen om hulle te vind en vervolg nie,want hulle is mos “struggel” broers.Ons boere moet maar saamstaan en net eenvoudig onsself verdedig as dit moet.Dankie dat ons weet dat God nie slaap nie.
En nou moet ons (Blanke) Belasting betalers die [email protected] voed en bly plek verskaf. Dood vir n Dood, ens.
Hou van jou denke en ek sal beslis pure genot baat om die doodstraf onder die Kriminele, toe te pas