Parkeer makliker met SnapScan

Inwoners van Kaapstad sal van 31 Oktober af heel gerieflik en vinnig vir hulle parkeerplekke in die stad met behulp van ‘n slimfoon en ‘n SnapScan-toepassing kan betaal.

Motoriste sal in die City Bowl-distrik die SnapScan-toepassing (“app”) net na die QR-kode (‘n afkorting vir Quick Response Code) kan rig, die opsie om te betaal kies en hulle PIN-kode insleutel. Die betrokke parkeerbeampte sal dan binne sekondes ‘n teksboodskap ontvang sodra die transaksie voltooi is.

SnapScan se mobiele betalingstoepassing is bedoel om betalings te vereenvoudig, sê die mede-stigter van SnapScan, Kobus Ehlers.

Meer as 14,000 besighede landswyd het al aangesluit om betalings via SnapScan te aanvaar.