Ouma te oud vir Facebook

Die allerlaaste reaksie wat ‘n Amerikaanse verkoopsman van Verizon Wireless verwag het toe hy ‘n iPhone aan sy oudste klant van 85-jaar verkoop het, is: “Wow, ek moet dit vir my ma wys”.

“Wel, hoe oud is jou ma?” het  Joseph Ramireza  gevra.

Sy is “113” jaar oud.

Net enkele weke daarna het dit op internet gegons toe ‘n TV-stasie in Plainview, Minnesota, ‘n storie gebeeldsend het dat ‘n vrou, Anna Stoehr, probeer het om vir ‘n Facebook-rekening in te teken deur haar iPad-mini te gebruik (die gewone iPad was te swaar), en sy moes jok oor haar ouderdom omdat Facebook se ouderdomsperk nie haar geboortejaar in 1900 erken nie.

Net enkele dae voor Stoehr se 114de verjaarsdag het Ramireza probeer om ’n paar e-posse na Facebook se kliëntediens te stuur. Maar hy het net geoutomatiseerde boodskappe teruggekry.

Stoehr het met haar lewendige humorsin aanbeveel dat hy ‘n “werklike brief” aan hulle stuur. “Sê vir hulle, ek is nog hier.”

Voordat Stoehr voorbladnuus geword het, was sy volgens Ramireza maar net ‘n dame wat probeer het om iets nuuts te probeer en om met familielede in aanraking te kom wat sy nie sien nie. Dit is iets wat mense van haar ouderdom, oftewel naby aan haar ouderdom, die hele tyd probeer doen.

Terloops, Stoehr is die 12de oudste persoon in die wêreld.