Ongelukkefonds betaal eis van miljoene

Die Suid-Afrikaanse Padongelukkefonds (SAPOF) moet R6,7 miljoen betaal nadat ’n seun saam met sy oom en dié se gesin in ’n voertuig ongeluk was.

Die oom en gesin wat van Australië saam met die seun gereis het in 2009, was in ’n botsing betrokke toe ’n voertuig van voor in hulle vasgejaag het.

Die oom, Robert Dickson en sy twee seuns is dood in die ongeluk.

Die 19 jarige seun het ernstige kop en ortopediese beserings opgedoen, en was vir etlike maande in die intensiewe eenheid van die hospitaal.

Die seun, Rorke, was ’n belowende rugbyspeler wat nooit weer aan sport sal kan deelneem nie, en sy regsverteenwoordiger kon daarin slaag om die eis in te stel en .

Die hof het beslis dat R6,75 miljoen aan hom uitbetaal word gemeet teen die aard van die beserings en die beraamde verlies aan inkomste wat die ongeluk tot gevolg het.

Rorke het gehoop om ’n gekwalifiseerde diesel-werktuigkundige te word.

Hy het intussen na Australië verhuis