Oliver Tambo-standbeeld gebrand

Groot skok is vanuit ANC-geledere uitgespreek nadat ‘n standbeeld van die party se voormalige president, Oliver Tambo, aan die brand gesteek is.

Dit wil voorkom asof inwoners wat ontevrede is met dienslewering op Bizana in die Oos-Kaap dalk verantwoordelik kan wees daarvoor.

Die premier van die Oos-Kaap, Phumulo Masualle,  het dit ten sterkste veroordeel en het sy vertroue uitgespreek dat die polisie die skuldiges sal aankeer.

Tambo is op Bizana gebore en in 1993 oorlede aan ‘n beroerte.

Foto – Oliver Tambo