Nuusbreker – Toe Lucifer toeslaan…

Die een oomblik was die jongste nuus nog voor ons om gelees te word, en die volgende oomblik is alles weg, en kom daar ’n boodskap in die taal van die onderdrukker wat sê ons sal nie verder kan lees nie…..

Die tegniese afdeling werk dag en nag, ononderbroke vir meer as 48 uur terwyl die e-posse en telefone op vol kapasiteit is om navrae te beantwoord.

Nee, ons weet nie wie of wat die derduiwels is nie, maar ons mense werk hard om die probleem reg te stel, maar die skade is van enorme omvang.

Nuwe tegnologie en veiligheidsmeganismes word ontwikkel en ingebou om te keer dat dieselfde lot ons nie weer sal tref nie…….

Die navrae wat ontvang is, het een ding in gemeen – almal wou weet of dit ’n aanslag was om Die Vryburger se “Stem van Waarheid” stil te maak….