Nommer 13 dalk ‘n dogter

‘n Egpaar van Michigan met 12 seuns en verwag nou baba nommer 13 in Mei aanstaande jaar.

Jay en Kateri Schwandt meen dit gaan weer ‘n seun wees, hoewel hulle heel tevrede sal wees met ‘n dogter of ‘n seun.

Jay Schwandt sou graag hierdie keer ‘n dogter in die gesin wou verwelkom, maar sê hulle hoop net dit is ‘n gesonde baba. Kateri is heel gretig om na meer as twee dekades steeds die enigste vrou in die gesin te bly, en meen sy wil nie op hierdie stadium ‘n patroon omver gooi deur ‘n dogter te kry nie.

Die Schwandts wat in Rockford, noord van Grand Rapids woon, is toegewyde Katolieke en glo nie aan enige geboortebeperking nie.